Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 5/06 bl. 14
  • Ons beskou die wêreld

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ons beskou die wêreld
  • Ontwaak!—2006
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Meer huwelike verbrokkel in Spanje
  • Oorgewig Chinese
  • Rivier gee aanduiding van dwelmgebruik
  • Voorkombare sterftes
  • Pogings om die kinders te red
    Ontwaak!—1994
  • Kinders in ’n krisis
    Ontwaak!—1992
  • Dwelms vir plesier—Waarom nie?
    Ontwaak!—1990
  • Ons beskou die wêreld
    Ontwaak!—1997
Sien nog
Ontwaak!—2006
g 5/06 bl. 14

Ons beskou die wêreld

◼ In Brasilië het die gebruik van amfetamiene om gewig te verloor deur die eetlus te onderdruk, tussen 1997 en 2004 met 500 persent toegeneem.—FOLHA ONLINE, BRASILIË.

◼ Die moontlikheid dat vlieëniers katarakte sal ontwikkel, is drie keer groter as by ander mense, moontlik weens verhoogde blootstelling aan kosmiese strale.—THE WALL STREET JOURNAL, VSA.

◼ Gedurende die volgende dekade sal byna die helfte van Asië se 1,27 miljard kinders party van hulle basiese behoeftes ontneem word, soos veilige water, voedsel, gesondheidsorg, opvoeding en skuiling.—PLAN ASIË-STREEKKANTOOR, THAILAND.

◼ Tweedehandse sigaretrook is “gevaarliker as wat enigiemand gedink het”. In die 18 maande nadat ’n verbod geplaas is op rook in kantore, restaurante en ander binnenshuise areas in Pueblo, Colorado, VSA, het die aantal hartaanvalle onder inwoners met 27 persent verminder.—TIME, VSA.

Meer huwelike verbrokkel in Spanje

In die jaar 2000 het twee keer soveel paartjies in Spanje getrou as wat uitmekaargegaan of geskei het. Maar teen 2004 het twee uit elke drie paartjies wat getrou het, weer geskei. Sedert 1981, toe wette wat egskeiding toelaat van krag geword het, het meer as ’n miljoen kinders gesien hoe hulle ouers uitmekaargaan. Waarom is daar ’n toename in verbrokkelende huwelike? Volgens die sielkundige Patricia Martínez word “die onstabiele aard van huweliksverhoudings hoofsaaklik veroorsaak deur kulturele veranderinge, die verlies van godsdiens- en sedelike standaarde, die integrasie van vroue in die arbeidsmag en die gebrek aan samewerking van mans in huishoudelike take”.

Oorgewig Chinese

Volgens The Guardian van Londen sal China “binne die volgende 10 jaar 200 miljoen mense hê wat gevaarlik oorgewig is”. Kitskosrestaurante “is in baie stede oral te vinde—’n groeiende middelklas doen minder fisiese oefening, bestuur meer en bestee meer tyd bewegingloos voor televisies, rekenaars en videospeletjies”. Die aantal kinders wat as oorgewig beskou word, neem elke jaar met 8 persent toe, en in Sjanghai is meer as 15 persent van laerskoolkinders reeds oorgewig.

Rivier gee aanduiding van dwelmgebruik

Volgens ’n studie wat in die tydskrif Environmental Health gepubliseer is, toon watermonsters wat uit die Po-rivier in Italië geneem is, dat bewoners van die stroomgebied baie meer kokaïen gebruik as wat deur amptelike skattings aangedui word. Kokaïengebruikers skei bensoïelekgonien in hulle urine uit. Die teenwoordigheid van hierdie ontbindingsproduk in mense word dikwels gebruik as forensiese bewys van kokaïengebruik. Die vlak van die chemiese stof wat deur die rioolstelsel in die rivier beland, toon dat omtrent vier kilogram kokaïen, of 40 000 dosisse, elke dag in die opvanggebied gebruik word—80 keer meer as vorige skattings.

Voorkombare sterftes

“Hierdie jaar sal byna 11 miljoen kinders jonger as vyf sterf weens merendeels voorkombare oorsake”, sê die Wêreldgesondheidsorganisasie se verslag vir 2005. Sowat 90 persent van hierdie sterfgevalle is as gevolg van net ’n paar oorsake: akute neonatale toestande soos vroeggeboortes, infeksies en versmoring gedurende geboorte; infeksies van die onderste lugweg, hoofsaaklik longontsteking; diarree; malaria; masels en MIV/vigs. “Die meeste van hierdie sterfgevalle kan voorkom word deur eenvoudige, bekostigbare en doeltreffende behandelings wat reeds bestaan”, sê die verslag. Daarbenewens sterf meer as ’n halfmiljoen vroue elke jaar gedurende swangerskap of ’n bevalling, hoofsaaklik weens “’n gebrek aan toegang tot opgeleide versorging”.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel