Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 10/07 bl. 30
  • Ons beskou die wêreld

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ons beskou die wêreld
  • Ontwaak!—2007
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die liggaam is gemaak om homself te genees
  • Wêreldwye verspreiding van rykdom
  • Meer mans as vroue in China
  • Ons beskou die wêreld
    Ontwaak!—1997
  • Ons beskou die wêreld
    Ontwaak!—2003
  • Ons beskou die wêreld
    Ontwaak!—2003
  • Word die planeet Aarde bedreig?
    Ontwaak!—2008
Sien nog
Ontwaak!—2007
g 10/07 bl. 30

Ons beskou die wêreld

◼ Die verwarming van die aarde se klimaat is “onbetwisbaar”, en mensebedrywighede is “heel waarskynlik” daarvoor verantwoordelik.—INTERREGERINGSPANEEL OOR KLIMAATVERANDERING (IPCC), SWITSERLAND.

◼ In Duitsland is tussen 1,4 miljoen en 1,9 miljoen mense “verslaaf aan medisyne”. Die omvang van die probleem kan vergelyk word met dié van alkoholverslawing.—TAGESSCHAU, DUITSLAND.

◼ In Brittanje maak babas onder een jaar die deel van die bevolking uit wat die grootste gevaar loop om vermoor te word.—THE TIMES, BRITTANJE.

◼ Dele van die grens tussen die Verenigde State en Kanada is so toegegroei dat beamptes “sukkel om dit te vind”. “As jy dit nie kan vind nie, kan jy dit nie patrolleer nie”, sê Dennis Schornack van die Internasionale Grenskommissie.—ASSOCIATED PRESS, VERENIGDE STATE.

Die liggaam is gemaak om homself te genees

“Die menseliggaam kan 60 tot 70 persent van alle kwale self genees”, sê professor Gustav Dobos, senior konsulterende geneesheer by die Mynhospitaal in Essen, Duitsland. Om dit te kan doen, vervaardig die liggaam na bewering ongeveer 30 tot 40 geneesmiddels, soos kortisoon en middels om nierstene te voorkom. Navorsers verstaan sommige van die prosesse wat by hierdie natuurlike genesing betrokke is, maar daar is baie wat hulle nog moet uitvind. Wetenskaplikes weet dat “daar ’n ingewikkelde interaksie tussen hormone, immunoboodskappers en doderselle is”, sê die tydskrif Vital, en dat ’n persoon se “emosies en gemoedstemming ook ’n rol speel”. Maar dit sê verder dat stres en persoonlike probleme “die immuunstelsel maande lank [kan] verswak”.

Wêreldwye verspreiding van rykdom

Volgens ’n berig in die Guardian van Londen “besit 1% van die rykste volwassenes in die wêreld 40% van die wêreld se rykdom”. “Diegene in die finansiëledienstesektor en die Internetsektor is in die meerderheid onder die superrykes”, sê die koerant. Volgens ’n studie deur die VN woon 37 persent van die rykste mense in die Verenigde State, 27 persent in Japan en 6 persent in die Verenigde Koninkryk. Die armste helfte van die wêreld se volwasse bevolking besit skaars 1 persent van die wêreld se rykdom. Volgens Duncan Green, hoof van navorsing by die Britse liefdadigheidsorganisasie Oxfam, “is hierdie vlakke van ongelykheid skokkend. . . . Dit is onmoontlik om sulke ontsaglike rykdom te regverdig wanneer 800 miljoen mense elke aand honger gaan slaap.”

Meer mans as vroue in China

In 2005 was die verhouding van pasgebore seuntjies tot dogtertjies in China 118 tot 100. In sommige dele van die land “het die syfer 130 seuntjies vir elke 100 dogtertjies bereik”, berig China Daily. Die rede vir die ongelykheid is dat selektiewe aborsies uitgevoer word nadat die geslag van die fetus bepaal is. Amptenare erken dat die verskynsel verband hou met China se gesinsbeplanningsbeleid, wat die meeste stedelike egpare tot net een kind beperk. “Teen 2020 sal daar ongeveer 30 miljoen meer hubare mans as vroue wees”, sê die koerant, en hierdie wanbalans sal “’n uitwerking hê op maatskaplike stabiliteit”.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel