Is dit ontwerp?
Die pylinkvis se snawel
◼ Die snawel van die pylinkvis verbyster wetenskaplikes. Hulle wonder: ‘Hoe kan iets wat so hard is, vasgeheg wees aan ’n liggaam waarin daar nie ’n enkele been is nie? Sal die kombinasie van materiale nie wrywing veroorsaak en die pylinkvis beseer nie?’
Dink hieraan: Die punt van die pylinkvis se snawel is hard, terwyl die agterkant daarvan sag is. Die samestelling van die snawel—wat uit chitien, water en proteïen bestaan—verander so geleidelik in digtheid, van sag na hard, dat die pylinkvis sy snawel kan gebruik sonder dat dit enige skadelike wrywing veroorsaak.
Professor Frank Zok van die Universiteit van Kalifornië sê dat ’n studie van die pylinkvis se snawel “ingenieurs se benadering tot die saamhegting van materiale in allerhande toepassings heeltemal [kan] verander”. Een moontlike toepassing is in die vervaardiging van prostetiese ledemate. Ali Miserez, ’n navorser aan dieselfde universiteit, wil graag “’n volledige prostese skep wat die chemiese samestelling van die snawel naboots, sodat dit aan die een kant dieselfde elastisiteit as kraakbeen het en aan die ander kant” gemaak is van “’n materiaal wat baie hard en slytbestand is”.
Wat dink jy? Het die pylinkvis se snawel, waarvan die digtheid van voor na agter verander, per toeval ontstaan? Of is dit ontwerp?
[Foto-erkennings op bladsy 9]
© Bob Cranston/SeaPics.com
© Richard Herrmann/SeaPics.com