Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 5/09 bl. 30
  • Ons beskou die wêreld

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ons beskou die wêreld
  • Ontwaak!—2009
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Bagasie wat wegraak
  • Katolieke wat saambly
  • ’n Epidemie van selfmoord onder Indiese boere
  • Nylkrokodille kommunikeer voordat hulle uitbroei
  • Krokodille van naderby beskou
    Ontwaak!—1995
  • Glimlag—Vir ’n krokodil?
    Ontwaak!—2005
  • Wat sit agter die boerderykrisis?
    Ontwaak!—2003
  • Die Brakwaterkrokodil—koning van die reptiele
    Ontwaak!—1999
Sien nog
Ontwaak!—2009
g 5/09 bl. 30

Ons beskou die wêreld

◼ “Sowat 160 000 vertoonstukke word uit museums regoor Rusland vermis.” —RIA NOVOSTI, RUSLAND.

◼ “NASA se Phoenix Mars Lander het sneeu bespeur wat uit Mars se wolke val.”—NASA MISSION NEWS, VSA.

◼ “Van die bestuurders en passasiers wat op Griekse paaie omkom, gebruik 65 persent nie hulle sitplekgordel of valhelm nie.”—EIKONES, GRIEKELAND.

Bagasie wat wegraak

Dit is niks ongewoons dat bagasie tydens lugreise wegraak nie. Die International Herald Tribune berig dat daar in 2007 “42 miljoen tasse weggeraak het, 25 persent meer as in 2006”. Die meeste van hierdie tasse is binne 48 uur aan hulle eienaars terugbesorg, maar 3 persent daarvan, “een tas vir elke 2 000 reisigers, is nooit gevind nie”. In 2007 het verlore bagasie lugrederye R38 miljard gekos. Van die oorsake daarvan is “opeenhopings as gevolg van al hoe meer passasiers, kort omkeertye vir vliegtuie”, verkeerde hantering van bagasie en bagasie wat nie die regte etikette op het nie.

Katolieke wat saambly

’n Franse studie gee “die kwynende invloed van godsdiens” aan as ’n rede vir die verandering in mense se lewens en waardes, ongeag aan watter godsdiens hulle behoort, sê die tydskrif Population & Sociétés. In Frankryk, byvoorbeeld, sê sowat 88 persent van jongmense tussen 18 en 24 dat hulle Katoliek is, maar 80 persent van hulle gaan nooit kerk toe behalwe vir troues, doopplegtighede of begrafnisse nie. Die agteruitgang van tradisionele waardes word in die gesinslewe weerspieël. Veertig jaar gelede het 1 uit 10 paartjies voor die huwelik saamgebly. Vandag is die syfer 9 uit 10. “Van die gereeldste Katolieke kerkgangers het 75 persent saamgebly voordat hulle getrou het”, het die studie aan die lig gebring.

’n Epidemie van selfmoord onder Indiese boere

Elke jaar sedert 2002 het meer as 17 000 boere in Indië hulle lewe geneem, dikwels deur plaagdoders in te neem, berig die koerant The Hindu. Die probleme waarvoor boere te staan kom, is onder meer droogte, die skerp daling in markpryse, die stygende koste van boerdery en die feit dat hulle sukkel om krediet by banke te bekom. Gevolglik wend baie hulle tot geldskieters, wat geld teen buitensporige rentekoerse uitleen en leners dus diep in die skuld dompel. Om hulle skuld te delg, verkoop sommige boere selfs hulle organe. Maar wanneer dit misluk of dit lyk asof niks anders gaan werk nie, wend duisende hulle tot die enigste ander uitweg waaraan hulle kan dink—selfmoord.

Nylkrokodille kommunikeer voordat hulle uitbroei

“Babakrokodille praat met mekaar terwyl hulle nog in die eier is” en sinchroniseer wanneer hulle gaan uitbroei, berig die Londense koerant The Times. Die geluide wat Nylkrokodille in hulle eiers maak voordat hulle uitbroei, is opgeneem. Toe is die opname vir een groep eiers gespeel. Die kleintjies in daardie eiers het daarop geantwoord en hulle eiers meer dikwels laat beweeg as dié vir wie die geluide nie gespeel is nie. “Dié wat die geluide van ander ongebore krokodille gehoor het, het hulle uitbroeityd tot binne tien minute van mekaar gesinchroniseer”, sê die verslag. Eiers wat in stilte gehou is of net nou en dan aan geluide blootgestel is, het nie hulle uitbroeityd gesinchroniseer nie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel