Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 11/09 bl. 30
  • Ons beskou die wêreld

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ons beskou die wêreld
  • Ontwaak!—2009
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Busse bevorder ateïsme
  • Gevare van beplande vroeë kindergeboorte
  • Trappeklim verbeter gesondheid
  • Ons beskou die wêreld
    Ontwaak!—1997
  • Hoe nodig is oefening?
    Ontwaak!—2005
  • Gesonde moeders, gesonde babas
    Ontwaak!—2009
  • Hoe kan die risiko verlaag word?
    Ontwaak!—1996
Sien nog
Ontwaak!—2009
g 11/09 bl. 30

Ons beskou die wêreld

◼ In ’n meningspeiling onder sowat 2 000 mense in Duitsland het byna 40 persent van tieners tussen die ouderdomme van 14 en 19 gemeen dat dit in die haak is om ’n verhouding deur middel van ’n SMS of e-pos te beëindig. Meer as 80 persent van diegene wat 50 en ouer was, het dit as heeltemal onaanvaarbaar beskou.—FRANKFURTER NEUE PRESSE, DUITSLAND.

◼ Gedurende 2008 is daar regoor die wêreld na raming 2,3 biljoen SMS’e gestuur.—HITU NEWS, TAHITI.

◼ “Met hoeveel verkort die rookgewoonte ’n persoon se lewe? Met gemiddeld vyf tot tien jaar.”—UC BERKELEY WELLNESS LETTER, VSA.

◼ Na raming word tot 60 persent van persoonlike rekenaars wat in kantore in die Verenigde State gebruik word, oornag aangelos. Gevolglik word ongeveer 14,4 miljoen ton koolstofdioksied elke jaar onnodig deur kragstasies vrygestel.—WORLD WATCH, VSA.

Busse bevorder ateïsme

“Daar’s waarskynlik geen God nie. Hou nou op om jou te bekommer en geniet jou lewe.” Hierdie slagspreuk is vertoon op 200 busse in Londen, Engeland, op nog 600 regoor die land en op twee reuseskerms in Oxfordstraat, Londen, berig die koerant The Guardian. Die ontwerpers daarvan sê dat hulle veldtog gevoer word in reaksie op godsdiensreklame wat ongelowiges tot die helse vuur verdoem. Die woord “waarskynlik” word gebruik om te voldoen aan die reëls van Brittanje se Gesagsvereniging vir Reklamestandaarde, aangesien dit onmoontlik is om te bewys dat God nie bestaan nie. Een oogmerk van die veldtog is om meer ateïste aan te spoor om na vore te kom en om hulle beskouings bekend te maak.

Gevare van beplande vroeë kindergeboorte

In die Verenigde State word al hoe meer babas gerieflikheidshalwe vroeg in die lewe gebring—deur induksiekraam of deur keisersneë. Maar die “laaste weke van swangerskap is belangriker as wat vroeër gedink is”, sê The Wall Street Journal. ’n Studie van sowat 15 000 pasgebore babas het getoon dat daar ’n 23-persent-verlaging in stuipe, geelsug, asemhalingsprobleme en breinbloeding was vir elke week wat ’n baba tussen die 32ste en 39ste week in die baarmoeder gebly het. Babas wat op 32 tot 36 weke gebore is, loop ’n groter gevaar om matige gedrags- en kognitiewe probleme te hê. Die Amerikaanse Kollege van Verloskundiges en Ginekoloë beveel dus aan dat babas nie in die wêreld gebring word “voor 39 weke tensy daar ’n mediese rede daarvoor is” nie, sê die Journal.

Trappeklim verbeter gesondheid

“Om gereeld trappe te klim, is ’n eenvoudige en praktiese manier om ’n mens se gesondheid te verbeter”, berig die Britse mediese tydskrif The Lancet. Navorsers het 69 onaktiewe werknemers gevra om by hulle werksplek net die trappe en nie die hysers te gebruik nie. Ná 12 weke het die werkers se aërobiese vermoë met 8,6 persent toegeneem, wat vir hulle “’n 15%-afname in algemene sterfterisiko’s” beteken het. Die werkers het ook ’n betekenisvolle verbetering gesien in hulle “bloeddruk, cholesterol, gewig, vetmassa en middellyfmaat”.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel