Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 9/10 bl. 18
  • Van ’n klein akkertjie tot ’n groot eikeboom

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ’n klein akkertjie tot ’n groot eikeboom
  • Ontwaak!—2010
  • Soortgelyke materiaal
  • Wyn, hout en die kuipersambag
    Ontwaak!—2005
  • ’n Unieke Mediterreense natuurreservaat
    Ontwaak!—2002
  • Van die boom na die bottel—Die verhaal van kurk
    Ontwaak!—2011
  • Gebede vanuit ’n eikeboom
    Ondervindinge van Jehovah se Getuies
Sien nog
Ontwaak!—2010
g 9/10 bl. 18

Van ’n klein akkertjie tot ’n groot eikeboom

● ’n Klein akkertjie, wat soos ’n miniatuureier in ’n eierkelkie lyk, kom los en val uit die boom. ’n Eekhorinkie wat daar rondskarrel, begrawe dit, waarna die vergete saad ontkiem. Mettertyd word dit ’n majestueuse eikeboom, die grootste inheemse woudboom in Brittanje.

Die eikeboom, wat dikwels in die geskiedenis en in mites genoem word, kan meer as duisend jaar oud word. Party word tot 40 meter hoog! Ou eikebome is merkwaardig weens hulle massiewe stamme en uitgespreide takke. Brittanje het slegs twee inheemse eikeboomsoorte, maar regoor die wêreld is daar omtrent 450 soorte. Hulle almal word uitgeken aan hulle saad, die klein akkertjie.

In die eikeboom vind ’n mens ’n groter verskeidenheid diertjies as in enige ander Britse boom. Dit sluit ’n groot aantal insekspesies in. Baie ruspes hou daarvan om aan die eikeboom se sagte jong blare te smul. Maar die boom verdedig homself. Ouer blare produseer onsmaaklike tannien.

Elke deel van die boom word bewoon. Die groot verskeidenheid insekte lok baie voëls en spinnekoppe. Kewers boor lustig onder die dik, gekraakte bas. Uile en vlermuise woon binne hol boomstamme. Diertjies soos muise, waterrotte, konyne, dassies en jakkalse vind skuiling tussen die wortels.

Die eikeboom het sy eie opruimingsagente. Elke jaar val ’n kwartmiljoen blare van ’n volwasse boom af. Swamme en bakterieë ontbind die dooie blare en plaas voedingstowwe terug in die grond. Sommige jare sal ’n boom 50 000 akkers voortbring. Die meeste word deur voëls en diere versamel of geëet. Myte en kewers raak ontslae van dooie hout, en swamme teer op die bas.

Eikehout is buitengewoon sterk en duursaam. Dit is lank reeds ’n gunstelinghout om huise mee te bou en hoëgehaltemeubels mee te maak. Dit is die ideale hout vir vate waarin bier en wyn verouder word. En stewige seilskepe wat van eikehout gebou was, het die Britse Vloot gehelp om baie jare lank die seë te oorheers.

Eikehout is nog steeds gesog. En die boom, wat onlosmaaklik deel is van die Britse landskap, word tereg bewonder vir sy sterkte, stewigheid en duursaamheid. Uit ’n klein akkertjie groei ’n groot eikeboom—nog ’n wonder van die skepping!

[Prent op bladsy 18]

Die eikeboom kan meer as duisend jaar oud word, tot 40 meter hoog word en ’n stamomtrek van meer as 12 meter hê

[Foto-erkennings op bladsy 18]

Boom: © John Martin/Alamy; akker: © David Chapman/Alamy

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel