Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 9/10 bl. 29
  • Ons beskou die wêreld

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ons beskou die wêreld
  • Ontwaak!—2010
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Individualisties maar terneergedruk
  • Gay troues in die Sweedse Kerk
  • In watter taal huil babas?
  • Wat babas nodig het en wil hê
    Ontwaak!—2003
  • Visvang op die ys—Waarom so gewild?
    Ontwaak!—2004
  • Ons beskou die wêreld
    Ontwaak!—2002
  • Kilimandjaro—Die dak van Afrika
    Ontwaak!—1997
Sien nog
Ontwaak!—2010
g 9/10 bl. 29

Ons beskou die wêreld

Volgens een opname het sowat 10,3 persent van seksueel aktiewe Brasiliaanse mans tussen die ouderdomme van 15 en 64 seks met ten minste een persoon gehad wat hulle in die afgelope 12 maande aanlyn ontmoet het.—BRASILIAANSE DEPARTEMENT VAN GESONDHEID.

Die Noordelike Yssee was lank deur groot ysplate bedek wat tot 80 meter dik was. Nou het hierdie “ys wat oor jare opgebou het . . . feitlik verdwyn—’n verrassende ontwikkeling wat dit makliker sal maak om skeepsroetes na die poolgebied te begin”.—DIE REUTERS-NUUSDIENS, KANADA.

Moskou en die Vatikaan het aangekondig dat hulle volle diplomatieke betrekkinge met mekaar aangeknoop het.—RIA NOVOSTI, RUSLAND.

Kilimandjaro, Afrika se hoogste berg, “het tussen 2000 en 2007 26 persent van sy yslaag verloor”.—DAILY NATION, KENIA.

Individualisties maar terneergedruk

Volgens navorsers is Brittanje “die mees individualistiese gemeenskap in die wêreld, waarin die individu bo die groep gestel word”, berig Londen se Daily Telegraph. In ’n ander studie is bevind dat Britte van die hoogste depressie- en angstigheidsvlakke het. Party deskundiges meen dat daar ’n verband is. Studies het gemeenskappe soos dié wat in die Westerse wêreld gevind word, vergelyk met dié van China en Taiwan. In dié twee lande word groter waarde aan maatskaplike eenheid as aan individualisme geheg, en dit beskerm die mense blykbaar teen swak geestesgesondheid. In die Weste “maak die selfsugtige gemeenskap . . . ons terneergedruk”, sê die Telegraph.

Gay troues in die Sweedse Kerk

In Oktober 2009 het die Lutherse Kerk van Swede kerktroues vir homoseksuele goedgekeur. Die besluit is geneem nadat die Sweedse parlement ’n geslagsneutrale huwelikswet net ’n paar maande vroeër goedgekeur het. “Dit beteken dat die Sweedse Kerk een van die eerste vername kerke in die wêreld is wat afwyk van die tradisionele beskouing dat die huwelik ’n verbintenis tussen ’n man en ’n vrou is”, sê die koerant Dagens Nyheter.

In watter taal huil babas?

Wanneer babas net twee dae oud is, begin hulle reeds op die melodie van hulle moedertaal huil, volgens navorsers van die Universiteit van Würzburg, in Duitsland. Die navorsers het die gehuil van 30 Franse en 30 Duitse pasgebore babas opgeneem en die frekwensie, melodielyne en toonhoogte daarvan ontleed. Die gehuil van Franse babas het gewoonlik op ’n laer toonhoogte begin en dan hoër geword, terwyl dié van Duitse babas dikwels hoër begin het en dan laer geword het. In albei gevalle het die babas die melodielyne van hulle ouers se taal gevolg. Daar word dus aanvaar dat taalontwikkeling in die baarmoeder begin en dat ’n baba se taal met sy eerste gehuil begin.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel