Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 7/11 bl. 23
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—2011
  • Soortgelyke materiaal
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—2005
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—2012
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—2002
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—2005
Sien nog
Ontwaak!—2011
g 7/11 bl. 23

Van ons lesers

Die wonderlike verskeidenheid van lewe in die Bo-Amasone (April 2010) Julle artikel beweer dat die Awajun-volk (Aguaruna) vyf gode aanbid. As ’n lid van die inheemse Awajun-bevolking stem ek nie daarmee saam nie. Ek dink dat julle ’n fout gemaak het, want die meeste lede van die Awajun-bevolking sê dat hulle Christene is, en ons aanbid nie vyf gode, soos julle tydskrif sê nie. Aangesien die Awajun-bevolking gereelde lesers van julle tydskrif is, moet julle hierdie fout asseblief regstel.

T.P.T., Peru

“Ontwaak!” antwoord: Die skrywer het inligting uit verskeie bronne gekry, wat persoonlike onderhoude met voormalige inwoners van Aguaruna-gemeenskappe en ’n aantal gepubliseerde bronne insluit. Een van hierdie bronne, die “Atlas Regional del Perú”, uitgawe van 2004, verskaf die name en beskrywings van vyf Aguaruna-gode. Maar soos jy sê, het lede van sommige Aguaruna-gemeenskappe die Christelike godsdiens aangeneem. Ons vra om verskoning vir enige wanindrukke wat ons dalk geskep het.

Hakkelry—Is daar ’n oplossing? (Mei 2010) Dankie vir hierdie artikel. Ek hakkel ook, en dit het my baie keer eensaam laat voel. Maar nadat ek hierdie artikel gelees het, het ek besef dat ek nie alleen is nie. Nou is ek vasbeslote om aan my spraakgebrek te werk en, soos Rafael, ‘te lag wanneer ’n woord my laat hakkel’ en ’n sin vir humor te hê.

J. S., Japan

Jongmense vra . . . Hoe kan ek my selfrespek opbou? (Mei 2010) Ek is 12 jaar oud en woon by my ma, wat ernstig siek is en my alleen grootmaak. Toe ek die vraag “Voel jy geliefd?” gelees het, was my eerlike antwoord “Nee”. Dit het my ontstel. Ek het toe met ’n paar volwasse Christene en met my ma daaroor gepraat. Hierdie artikel het my gehelp om te verstaan dat daar geen rede is om so ’n negatiewe beskouing van myself te hê nie. Baie mense is lief vir my. Dankie dat julle my gehelp het om te sien hoeveel Jehovah vir ons as jongmense omgee.

C. H., Frankryk

Hierdie artikel het my gehelp om pynlike ondervindinge van die verlede te verwerk, asook gevoelens van waardeloosheid wat my nog steeds van tyd tot tyd kwel. Ek sal nooit die drie maniere om my selfrespek op te bou wat in hierdie artikel bespreek is, vergeet nie, en veral nie die illustrasie van die banknoot met ’n skeurtjie nie! Dankie vir hierdie wonderlike artikel!

S, W., Suid-Korea

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel