Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 7/11 bl. 28-29
  • Keur die Bybel slawerny goed?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Keur die Bybel slawerny goed?
  • Ontwaak!—2011
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Maatskaplike stelsels wat bots met Bybelbeginsels
  • Slawerny in die Bybelgeskiedenis
  • Die einde van slawerny
  • Het God die slawehandel goedgekeur?
    Ontwaak!—2001
  • Die lang stryd teen slawerny
    Ontwaak!—2002
  • Bevryding uit slawerny—Destyds en vandag
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2017
  • ’n Godsdiensdilemma in koloniale Brasilië
    Ontwaak!—2002
Sien nog
Ontwaak!—2011
g 7/11 bl. 28-29

Die Bybel se beskouing

Keur die Bybel slawerny goed?

LIEFDE vir jou naaste is een van die grondleringe van die Bybel. Maar liefde laat hoegenaamd geen ruimte vir onderdrukkende slawerny nie. Daarom vind party mense dit vreemd wanneer daar in die Bybel van slawerny gepraat word.

In die ou tyd het God sy volk toegelaat om slawe te besit (Genesis 14:14, 15). Selfs in die dae van die apostels was sommige Christene slawe-eienaars en was party slawe (Filemon 15, 16). Beteken dit dat die Bybel onderdrukkende slawerny goedkeur?

Maatskaplike stelsels wat bots met Bybelbeginsels

Teen die tyd dat daar met die opskrifstelling van die Bybel begin is, het mense reeds maatskaplike en ekonomiese stelsels tot stand gebring wat in stryd was met goddelike beginsels. Hoewel hierdie stelsels gebruike ingesluit het wat in God se geskrewe Wet veroordeel is, het hy besluit om ander gebruike, soos slawerny, te duld.

Met betrekking tot die maatskaplike stelsel van die eertydse nasie Israel sê The International Standard Bible Encyclopedia: “Dit was veronderstel om ’n broederskap te wees waarin daar, ideaal gesproke, geen armes sou wees nie, [asook] geen uitbuiting van weduwees, haweloses of weeskinders nie.” God se Wet het dus toegelaat dat ’n reeds gevestigde maatskaplike en ekonomiese stelsel voortduur, maar dit het slawerny gereguleer sodat slawe op ’n menslike en liefdevolle manier behandel sou word, indien slawerny beoefen is.

Slawerny in die Bybelgeskiedenis

Kyk na die volgende voorskrifte wat ingesluit is in die Wet wat deur Moses gegee is:

● Om iemand te ontvoer en hom dan te verkoop, was strafbaar met die dood (Eksodus 21:16). Maar as ’n Israeliet, ondanks al die voorsienings wat daar was om armoede te voorkom, diep in die skuld geraak het, miskien omdat hy sy geldsake swak bestuur het, kon hy homself as ’n slaaf verkoop. In sommige gevalle kon hy moontlik selfs genoeg verdien om sy vryheid terug te koop.—Levitikus 25:47-52.

● Dit was nie die onderdrukkende soort slawerny wat deur die eeue heen in baie lande algemeen was nie. Levitikus 25:39, 40 sê: “As jou broer langs jou verarm en hy hom aan jou moet verkoop, mag jy hom nie as ’n werker in slawediens gebruik nie. Hy moet by jou wees soos ’n loonarbeider, soos ’n bywoner.” Dit was dus ’n liefdevolle voorsiening om vir Israel se armstes te sorg.

● Iemand wat aan diefstal skuldig bevind is en nie in staat was om ooreenkomstig die Wet ten volle te vergoed vir wat hy gesteel het nie, kon as ’n slaaf verkoop word en sodoende sy skuld afbetaal (Eksodus 22:3). Nadat hy die skuld afgewerk het, kon hy vrygelaat word.

● God se Wet aan Israel het nie wrede en onderdrukkende slawerny toegelaat nie. Hoewel slawe-eienaars toegelaat is om hulle slawe te dissiplineer, is die wrede behandeling van slawe verbied. ’n Slaaf wat deur sy eienaar doodgemaak is, moes gewreek word (Eksodus 21:20). As die slaaf vermink is en byvoorbeeld ’n tand of ’n oog verloor het, is hy vrygelaat.—Eksodus 21:26, 27.

● Die maksimum tyd wat enige Israeliet as ’n slaaf sou moes dien, was ses jaar (Eksodus 21:2). Hebreeuse slawe is in die sewende jaar van hulle diens vrygelaat. Die Wet het vereis dat alle Israelitiese slawe landwyd elke 50 jaar vrygelaat moes word, ongeag hoe lank die persoon ’n slaaf was.—Levitikus 25:40, 41.

● Wanneer ’n slaaf vrygelaat is, is daar van sy eienaar vereis om vrygewig teenoor hom te wees. Deuteronomium 15:13, 14 sê: “As jy hom as ’n vrygelatene van jou wegstuur, mag jy hom nie met leë hande wegstuur nie. Jy moet hom gewis iets van jou kleinvee en jou dorsvloer en jou olie- en wynpers gee.”

Later, in die dae van Jesus en sy apostels, was slawerny ’n gevestigde gebruik in die Romeinse Ryk. Namate die Christelike godsdiens versprei het, was dit onvermydelik dat slawe en slawe-eienaars met die goeie nuus in aanraking sou kom en Christene sou word. Nie Jesus Christus of sy apostels het ’n boodskap van maatskaplike bevryding verkondig nie, asof hulle probeer het om die bestaande stelsel te hervorm nie. Slawe sowel as slawe-eienaars is eerder vermaan om mekaar as geestelike broers lief te hê.—Kolossense 4:1; 1 Timoteus 6:2.

Die einde van slawerny

Soos die geval is met elke Bybelvraag, moet die kwessie van slawerny in konteks gesien word. ’n Noukeurige ondersoek van die Skrif toon dat God die mishandeling van mense ten sterkste afkeur.

So ’n ondersoek toon ook dat die soort slawerny wat deur God se volk in die Bybel beoefen is, nie die wrede en onderdrukkende slawerny is wat die meeste mense hulle vandag voorstel nie. En die Bybel toon dat God ons binnekort van alle vorme van slawerny sal verlos. Dan sal die hele mensdom ware vryheid geniet.—Jesaja 65:21, 22.

HET JY AL GEWONDER?

● Keur die Bybel die mishandeling van slawe goed?—Levitikus 25:39, 40.

● Hoe moes Christene slawe behandel?—Kolossense 4:1.

[Lokteks op bladsy 29]

God keur die mishandeling van mense ten sterkste af

[Foto-erkenning op bladsy 29]

© G.M.B. Akash/Panos Pictures

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel