Is dit ontwerp?
Die seekastaiing se selfslypende tande
● Die seekastaiing gebruik sy vyf tande om vir hom ’n skuilplekkie in rots uit te boor. Ondanks die geboor en geskraap bly die seekastaiing se tande skerp. “Ons kan nie dieselfde sê van enige sny- of slypinstrument wat ons ken en gebruik nie”, sê Pupa Gilbert, ’n professor van fisika aan die Universiteit van Wisconsin–Madison in die Verenigde State. Wat is die seekastaiing se geheim?
Dink hieraan: ’n Seekastaiing se tande bestaan uit kristalle wat stewig aan mekaar vassit. Maar “daar is breekpunte op spesifieke plekke in die tande ingebou”, sê Gilbert. Die swakker organiese materiaal op hierdie plekke maak dit—soos ’n ry gaatjies in ’n vel papier—makliker vir die tand se verslete lae om af te breek, sodat ’n nuwe, skerp rand ontbloot word. Aangesien die tand aan die een punt bly groei en aan die ander punt selfslypend is, raak dit nooit stomp nie. Gilbert noem die seekastaiing se tand “een van die min voorwerpe in die natuur wat selfslypend is”.
’n Begrip van hoe die seekastaiing se selfslypende tande werk, hou opwindende moontlikhede vir gereedskapvervaardigers in. Teoreties gesproke kan dit lei tot die ontwikkeling van gereedskap wat selfslypend is. “Die meganisme wat die seekastaiing gebruik, is die sleutel”, sê Gilbert.
Wat dink jy? Het die seekastaiing se selfslypende tande per toeval ontstaan? Of is dit ontwerp?
[Diagram op bladsy 16]
(Sien publikasie vir oorspronklike teksuitleg)
Groeiende tand
Kalkagtige plaat
Geslypte tand
[Prent op bladsy 16]
Seekastaiing
[Prent op bladsy 16]
Vyf tande
[Foto-erkenning op bladsy 16]
Albei foto’s: Courtesy of Pupa Gilbert/University of Wisconsin-Madison