Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwwd artikel 10
  • Die klipmossel se tande

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die klipmossel se tande
  • Is dit ontwerp?
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe jy ’n mooi glimlag kan behou
    Ontwaak!—2005
  • Het jy kunstande nodig?
    Ontwaak!—1993
  • Waarom moet jy ’n tandarts besoek?
    Ontwaak!—2007
  • Hoe om delikate tande te beskerm
    Ontwaak!—2000
Sien nog
Is dit ontwerp?
ijwwd artikel 10
’n Klipmossel.

IS DIT ONTWERP?

Die klipmossel se tande

Die gewone klipmossel is ’n waterslak met baie sterk tande en ’n skulp wat keëlvormig is. Die tande bestaan uit dun, styfgepakte vesels wat gemaak is van ’n harde mineraal wat as ysterhidraat bekend staan. Hierdie dun vesels is binne-in ’n sagter proteïenbasis.

Dink hieraan: Die klipmossel se raspertong is bedek met rye krom tande. Elke tand is minder as een millimeter lank en word soos ’n vyl gebruik. Elke tand moet verskriklik sterk en hard wees om alge van ’n rots se oppervlak af te skraap sodat die klipmossel dit kan eet.

Navorsers het ’n baie sterk mikroskoop gebruik om te toets hoe sterk die tande is en hoeveel trekkrag dit kan weerstaan voordat dit breek. Hulle het ontdek dat die klipmossel se tande sterker is as enige ander materiaal wat hulle al getoets het. Dit is selfs sterker as spinnekopsy. Die hoofnavorser het gesê: “Ons moet probeer om die ontwerp van die klipmossel se tande te gebruik wanneer ons dinge ontwerp.”

Navorsers glo dat die sintetiese weergawe van die materiaal waaruit die klipmossel se tande bestaan, gebruik kan word om motors, bote en vliegtuie te bou en selfs om nuwe tande vir mense te maak.

Wat dink jy? Het die ongelooflike samestelling van die klipmossel se tande geëvolueer? Of is dit ontwerp?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel