Ryke val die Beloofde Land aan
SAMARIA, die hoofstad van die noordelike koninkryk van Israel, is in 740 v.G.J. deur die Assiriërs verower. So het die Israeliete in die hande van ’n wrede ryk geval. Assirië was geleë aan die noordelike punt van die Mesopotamiese vlaktes, naby die Tigris, een van die groot riviere van die Vrugbare Halfmaan. Nimrod het Assirië se vernaamste stede, Nineve en Kalag, gestig (Ge 10:8-12). In die dae van Salmaneser III het Assirië weswaarts uitgebrei, na die waterryke en vrugbare streke van Sirië en noordelike Israel.
Onder koning Tiglat-Pileser III (Pul), wat in die Bybel genoem word, het Assirië Israel begin onderdruk. Sy militêre veldtog het ook Juda in die suide geraak (2Kn 15:19; 16:5-18). Mettertyd het die oorstromende “waters” van Assirië na Juda versprei en uiteindelik sy hoofstad, Jerusalem, bereik.—Jes 8:5-8.
Die Assiriese koning Sanherib het Juda in 732 v.G.J. binnegeval (2Kn 18:13, 14). Hy het 46 Judese stede geplunder, insluitende Lagis, wat strategies geleë was in die Sjefela. Soos die kaart toon, het dit sy leërmag agter Jerusalem geplaas, sodat Juda se hoofstad omsingel was. In sy annale het Sanherib gespog dat hy Hiskia “soos ’n voël in ’n hok” vasgekeer het, maar Assiriese verslae maak geen melding van die feit dat Sanherib se soldate deur ’n engel van God uitgewis is nie.—2Kn 18:17-36; 19:35-37.
Die dae van die Assiriese Ryk was getel. Die Mede, wat hoofsaaklik op die bergagtige plato gewoon het van wat nou Iran is, het die oorblywende troepe van die Assiriese leër begin aanval. Dit het Assirië se aandag van sy westelike provinsies afgetrek, wat ook in opstand begin kom het. Intussen het die Babiloniërs al hoe sterker geword, en hulle het selfs die stad Assur verower. In 632 v.G.J. is Nineve—’n “stad van bloedvergieting”—verower deur ’n verenigde leërmag van Babiloniërs, Mede en Skitiërs, ’n oorlogsugtige volk noord van die Swart See. Dit het die profesieë van Nahum en Sefanja vervul.—Na 3:1; Sef 2:13.
Assirië is by Haran die doodslag toegedien. Die Assiriërs het teen ’n vasbeslote Babiloniese mag probeer standhou totdat hulp uit Egipte kon opdaag. Maar op pad noordwaarts is farao Nego by Megiddo vertraag deur die weerstand van die Judese koning Josia (2Kn 23:29). Toe Nego Haran uiteindelik bereik het, was dit te laat—die Assiriese Ryk het geval.
Die Babiloniese Ryk
Aan watter stad dink jy as jy die uitdrukking “hangende tuine” hoor? Babilon, die hoofstad van die wêreldmoondheid met dieselfde naam en wat profeties as ’n gevleuelde leeu uitgebeeld word (Da 7:4). Die stad was welbekend vir sy rykdom, handel en ontwikkeling van godsdiens en astrologie. Die ryk was hoofsaaklik geleë op die moerasagtige vlaktes in die suide van Mesopotamië, tussen die Tigris- en Eufraatrivier. Die stad het weerskante van die Eufraatrivier gelê, en sy mure het dit onverowerbaar laat lyk.
Die Babiloniërs het handelsroetes oor die rotsagtige woestyn in die noorde van Arabië tot stand gebring. Op een tydstip het koning Nabonidus in Tema gewoon, terwyl hy Belsasar agtergelaat het om in Babilon te heers.
Babilon het Kanaän drie keer binnegeval. Nadat Nebukadnesar in 625 v.G.J. die Egiptenaars by Karkemis verslaan het, het die Babiloniërs suidwaarts na Hamat gegaan, waar hulle die terugtrekkende Egiptenaars weer ’n nederlaag toegedien het. Daarna het die Babiloniërs al langs die kus afbeweeg na die stroomvallei van Egipte en het hulle Askelon op pad soontoe vernietig (2Kn 24:7; Jer 47:5-7). Gedurende hierdie veldtog het Juda onderhorig aan Babilon geword.—2Kn 24:1.
Koning Jojakim van Juda het in 618 v.G.J. in opstand gekom. Babilon het toe die leërs van naburige lande teen Juda gestuur, en Babilon se eie troepe het Jerusalem beleër en onderwerp. Kort daarna het koning Sedekia ’n verbond met Egipte gesluit en Juda sodoende die woede van die Babiloniërs op die hals gehaal. Hulle het Juda weer binnegeval en sy stede begin verwoes (Jer 34:7). Laastens het Nebukadnesar sy leër se aandag op Jerusalem gevestig en dit in 607 v.G.J. verower.—2Kr 36:17-21; Jer 39:10.
[Venster op bladsy 23]
BYBELBOEKE VAN HIERDIE TYDPERK:
Hosea
Jesaja
Miga
Spreuke (gedeeltelik)
Sefanja
Nahum
Habakuk
Klaagliedere
Obadja
Esegiël
1 en 2 Konings
Jeremia
[Kaart op bladsy 23]
(Sien publikasie vir oorspronklike teksuitleg)
Babiloniese/Assiriese ryke
Assiriese Ryk
B4 Memfis (Nof)
B4 Soan
B5 EGIPTE
C2 SIPRUS (KITTIM)
C3 Sidon
C3 Tirus
C3 Megiddo
C3 Samaria
C4 Jerusalem
C4 Askelon
C4 Lagis
D2 Haran
D2 Karkemis
D2 Arpad
D2 Hamat
D3 Ribla
D3 SIRIË
D3 Damaskus
E2 Gosan
E2 MESOPOTAMIË
F2 MINNI
F2 ASSIRIË
F2 Korsabad
F2 Nineve
F2 Kalag
F2 Assur
F3 BABILONIË
F3 Babilon
F4 GALDEA
F4 Ereg
F4 Ur
G3 Susan
G4 ELAM
Babiloniese Ryk
C3 Sidon
C3 Tirus
C3 Megiddo
C3 Samaria
C4 Jerusalem
C4 Askelon
C4 Lagis
D2 Haran
D2 Karkemis
D2 Arpad
D2 Hamat
D3 Ribla
D3 SIRIË
D3 Damaskus
D5 Tema
E2 Gosan
E2 MESOPOTAMIË
E4 ARABIË
F2 MINNI
F2 ASSIRIË
F2 Korsaba
F2 Nineve
F2 Kalag
F2 Assur
F2 BABILONIË
F2 Babilon
F4 GALDEA
F4 Ereg
F4 Ur
G3 Susan
G4 ELAM
[Ander plekke]
G2 MEDIË
Hoofweë (Sien publikasie)
[Watermassas]
B3 Middellandse See (Groot See)
C5 Rooi See
H1 Kaspiese See
H5 Persiese Golf
[Riviere]
B5 Nyl
E2 Eufraat
F3 Tigris
[Prent op bladsy 22]
Tel-Lagis
[Prent op bladsy 22]
Model van eertydse Megiddo
[Prent op bladsy 23]
Voorstelling van Babilon se hangende tuine