God se volk keer na hulle land terug
DIE plato van hedendaagse Iran word omring deur twee groot bergreekse—die Elboers-gebergte (suid van die Kaspiese See) en die Zagros-gebergte (suidoos in die rigting van die Persiese Golf). Hulle het lang, vrugbare valleie met boomryke hellings. Die valleie het ’n gematigde klimaat, maar die hoër, droë, winderige vlaktes is ysig in die winter. Daar naby is die ylbevolkte woestyn van die plato. In hierdie algemene omgewing, oos van Mesopotamië, het die Medo-Persiese Ryk ontstaan.
Die Mede het hoofsaaklik op die noordelike deel van die plato gewoon, hoewel hulle later na Armenië en Silisië versprei het. Die Perse het egter hoofsaaklik op die suidwestelike deel van die plato, oos van die Tigrisvallei, gewoon. In die middel van die sesde eeu v.G.J., onder Kores se bewind, het hierdie twee koninkryke verenig en die Medo-Persiese Wêreldmoondheid gevorm.
Kores het Babilon in 539 v.G.J. verower. Sy ryk het ooswaarts tot by Indië uitgebrei. Aan die weste het dit uiteindelik Egipte en wat nou Turkye is, ingesluit. Daniël het die Medo-Persiese Ryk gepas beskryf as ’n roofsugtige “beer” wat ‘baie vleis geëet het’ (Da 7:5). Kores se bewind was menslik en verdraagsaam. Hy het die ryk in provinsies verdeel. Elkeen is deur ’n satraap regeer, wat gewoonlik ’n Pers was, maar onder hom het ’n plaaslike heerser ’n mate van gesag uitgeoefen. Die volke van die ryk is aangemoedig om hulle gebruike en godsdienste te behou.
In ooreenstemming met hierdie beleid het Kores die Jode toegelaat om terug te keer sodat hulle ware aanbidding kon herstel en Jerusalem kon herbou, soos beskryf word deur Esra en Nehemia. Dink jy dat hierdie groot groep mense teruggekeer het langs die roete wat Abraham noordwaarts met die Eufraat langs na Karkemis gevolg het, of het hulle dalk die korter roete deur Tadmor en Damaskus gevolg? Die Bybel sê nie. (Sien bladsye 6-7.) Mettertyd het Jode hulle ook in ander dele van die ryk gevestig, soos in die Nyldelta en plekke wat verder suid was. ’n Taamlike groot Joodse bevolking het in Babilon agtergebly, wat waarskynlik verklaar waarom die apostel Petrus eeue later ’n besoek daar afgelê het (1Pe 5:13). Ja, die Medo-Persiese Ryk het daartoe bygedra dat Jode gedurende die daaropvolgende Griekse en Romeinse ryke in baie plekke gevind kon word.
Nadat die Medo-Perse Babilon verower het, het hulle die stad, met sy versengende somers, as ’n administratiewe sentrum gebruik. Susan, die voormalige Elamitiese hoofstad, was een van die koninklike stede. Dit is waar die Persiese koning Ahasveros (klaarblyklik Xerxes I) later vir Ester sy koningin gemaak het en die sameswering om God se volk in die hele ontsaglike ryk uit te roei, gedwarsboom het. Twee ander Medo-Persiese hoofstede was Ekbatana (geleë op ’n hoogte van meer as 1 900 meter, met heerlike somers) en Pasargadae (op dieselfde hoogte, ongeveer 650 kilometer na die suidooste).
Hoe het hierdie wêreldmoondheid tot ’n einde gekom? Op die hoogtepunt van sy mag het Medo-Persië gereageer op opstande wat aangeblaas is deur Grieke aan die noordwestelike grens. Griekeland was destyds in strydende stadstate verdeel, maar hulle het saamgespan om Persiese magte in beslissende veldslae by Maraton en Salamis te verslaan. Dit het die weg berei vir ’n verenigde Griekeland se heerskappy oor Medo-Persië.
[Venster op bladsy 25]
Onder leiding van Serubbabel het byna 50 000 Israelitiese mans die reis van tussen 800 en 1 600 kilometer (afhangende van die roete) terug na Jerusalem onderneem. Hulle het voor ’n ernstige ekonomiese situasie te staan gekom. Hulle land het sewe dekades lank woes gelê. Die teruggekeerdes het ware aanbidding begin herstel deur die altaar te herbou en offerandes aan Jehovah te bring. In die herfs van 537 v.G.J. het hulle die Huttefees gevier (Jer 25:11; 29:10). Toe het die teruggekeerdes die fondament van Jehovah se huis gelê.
[Venster op bladsy 25]
BYBELBOEKE VAN HIERDIE TYDPERK:
Daniël
Haggai
Sagaria
Ester
Psalms (gedeeltelik)
1 en 2 Kronieke
Esra
Nehemia
Maleagi
[Kaart op bladsy 24]
(Sien publikasie vir oorspronklike teksuitleg)
Medo-Persiese Ryk
A2 MASEDONIË
A2 TRASIË
A4 Sirene
A4 LIBIË
B2 Bisantium
B2 LIDIË
B3 Sardis
B4 Memfis (Nof)
B4 EGIPTE
B5 No-Amon (Tebe)
B5 Siëne
C3 SILISIË
C3 Tarsus
C3 Issos
C3 Karkemis
C3 Tadmor
C3 SIRIË
C3 Damaskus
C3 Sidon
C3 Tirus
C4 Jerusalem
D2 Fasis
D2 ARMENIË
D3 ASSIRIË
D3 Nineve
D4 Babilon
E3 MEDIË
E3 Ekbatana (Agmeta)
E3 HIRKANIË
E4 Susan (Susa)
E4 ELAM
E4 Pasargadae
E4 Persepolis
E4 PERSIË
F3 PARTIË
F4 DRANGIANA
G2 Marakanda (Samarkand)
G2 SOGDIANA
G3 BAKTRIË
G3 ARIË
G4 ARAGOSIË
G4 GEDROSIË
H5 INDIË
[Ander plekke]
A2 GRIEKE- LAND
A3 Maraton
A3 Atene
A3 Salamis
C1 SKITIË
C4 Elat (Elot)
C4 Tema
D4 ARABIË
[Berge]
E3 ELBOERS-GEB.
E4 ZAGROS-GEB.
[Watermassas]
B3 Middellandse See (Groot See)
C2 Swart See
C5 Rooi See
E2 Kaspiese See
E4 Persiese Golf
[Riviere]
B4 Nyl
C3 Eufraat
D3 Tigris
D3 Indus
[Prent op bladsy 24]
Kores se manskappe moes die Zagros-gebergte oorsteek om Babilon te bereik
[Prent op bladsy 25]
Bo: Poort van Al die Nasies, by Persepolis
[Prent op bladsy 25]
Insetsel: Graf van Kores, by Pasargadae