Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • lc bl. 29
  • Maak dit saak wat jy glo?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Maak dit saak wat jy glo?
  • Is lewe geskep?
  • Soortgelyke materiaal
  • Maak dit saak wat jy glo?
    Ontwaak!—2006
  • Wat maak die lewe werklik sinvol?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • Wat is die doel van die lewe?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Jongmense vra—Skepping of evolusie—Deel 2
    Jongmense vra
Sien nog
Is lewe geskep?
lc bl. 29

Maak dit saak wat jy glo?

’n Jong vrou

Dink jy dat die lewe ’n doel het? Die evolusionis William B. Provine sê: “Wat ons oor die evolusionêre proses geleer het, het groot implikasies vir ons; dit raak ons beskouing van sin in die lewe.” Sy gevolgtrekking? “Ek kan geen kosmiese of uiteindelike sin in die mens se lewe sien nie.”32

Dink aan wat hierdie woorde beteken. As daar geen uiteindelike sin in die lewe was nie, dan sou jy geen ander doel in die lewe gehad het as om te probeer om darem iets goeds te doen en miskien jou genetiese eienskappe aan die volgende geslag oor te dra nie. Wanneer jy sterf, sou jy vir ewig ophou bestaan het. Jou brein, met sy vermoë om te dink, te redeneer en oor die sin van die lewe te peins, sou bloot ’n toevallige produk van die natuur gewees het.

Dit is nie al nie. Baie wat in evolusie glo, beweer dat God nie bestaan nie of dat hy nie in menseaangeleenthede sal ingryp nie. In albei gevalle sou ons toekoms in die hande van politieke, akademiese en godsdiensleiers rus. Te oordeel aan die geskiedenis van hierdie mense, sou die chaos, konflik en korrupsie wat die mensegemeenskap teister, voortduur. As evolusie wel waar was, sou daar blykbaar oorgenoeg rede wees om te lewe volgens die fatalistiese leuse: “Laat ons eet en drink, want môre gaan ons sterf.”—1 Korintiërs 15:32.

Daarenteen leer die Bybel: “By [God] is die bron van die lewe” (Psalm 36:9). Hierdie woorde het verreikende implikasies.

As wat die Bybel sê, waar is, het die lewe wel sin. Ons Skepper het ’n liefdevolle voorneme wat almal insluit wat kies om in ooreenstemming met sy wil te lewe (Prediker 12:13). Hierdie voorneme sluit die belofte in van lewe in ’n wêreld vry van chaos, konflik en korrupsie—en selfs vry van die dood.—Psalm 37:10, 11; Jesaja 25:6-8.

Miljoene mense regoor die wêreld glo tereg dat niks groter sin aan die lewe kan gee as om van God te leer en hom te gehoorsaam nie! (Johannes 17:3). Hierdie oortuiging is nie net op wensdenkery gegrond nie. Die bewyse is duidelik—lewe is geskep.

Hoe sal jy antwoord?

  • Wat sal jy eerder glo—dat ons geëvolueer het of dat ons geskep is? Waarom antwoord jy so?

  • Wat is ’n paar goeie redes om die grondslag van jou opvattings te ondersoek?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel