Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • T-33 bl. 1-3
  • Wie beheer regtig die wêreld?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wie beheer regtig die wêreld?
  • Wie beheer regtig die wêreld?
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat dink jy sal in die toekoms gebeur?
    Wat dink jy sal in die toekoms gebeur
  • Wat is die Koninkryk van God?
    Wat is die Koninkryk van God?
  • Kan die dooies regtig weer lewe?
    Kan die dooies regtig weer lewe?
  • Sal mense ooit ophou swaarkry?
    Sal mense ooit ophou swaarkry?
Sien nog
Wie beheer regtig die wêreld?
T-33 bl. 1-3

Wie beheer regtig die wêreld?

Dink jy dit is . . . 

  • God?

  • mense?

  • iemand anders?

WAT DIE BYBEL SÊ

“Die hele wêreld is in die mag van die Duiwel.” – 1 Johannes 5:19, Nuwe Wêreld-vertaling.

“Die Seun van God het gekom . . . om die werk van die duiwel te vernietig.” – 1 Johannes 3:8, New Century Version.

WAT DIT VIR JOU KAN BETEKEN

Jy sal beter verstaan hoekom daar probleme in die wêreld is. – Openbaring 12:12.

Jy sal rede hê om te glo dat die wêreld ’n beter plek sal word. – 1 Johannes 2:17.

Satan beheer die wêreld se politiek, weermag, godsdiens en mense

KAN ONS REGTIG GLO WAT DIE BYBEL SÊ?

Ja, vir ten minste drie redes:

  • Satan se einde is naby. Jehovah is vasbeslote om Satan se beheer oor die mens tot ’n einde te bring. Hy belowe om ‘die Duiwel te vernietig’ en al die skade wat Satan veroorsaak het, reg te maak. – Hebreërs 2:14, Nuwe Wêreld-vertaling.

  • God het Jesus Christus gekies om oor die wêreld te regeer. Jesus is heeltemal anders as die wrede, selfsugtige heerser wat in beheer is van hierdie wêreld. God het oor Jesus se koningskap belowe: “Hy sal jammer voel vir die hulpelose en die arme . . . Van onderdrukking en van geweld sal hy hulle red.” – Psalm 72:13, 14.

  • God kan nie lieg nie. Die Bybel sê duidelik: “Dit is onmoontlik vir God om te lieg” (Hebreërs 6:18). Wanneer Jehovah belowe om iets te doen, kan jy heeltemal seker wees dat dit gedoen sal word! (Jesaja 55:10, 11). “Die heerser van hierdie wêreld [sal] uitgedryf word.” – Johannes 12:31.

IETS OM OOR TE DINK

’n Gelukkige gesin geniet tyd saam in die natuur

Hoe sal die wêreld wees nadat die heerser daarvan vernietig is?

Die Bybel beantwoord hierdie vraag in PSALM 37:10, 11 en OPENBARING 21:3, 4.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel