Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • T-35 bl. 1-4
  • Kan die dooies regtig weer lewe?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Kan die dooies regtig weer lewe?
  • Kan die dooies regtig weer lewe?
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat dink jy sal in die toekoms gebeur?
    Wat dink jy sal in die toekoms gebeur
  • Sal mense ooit ophou swaarkry?
    Sal mense ooit ophou swaarkry?
  • Wie beheer regtig die wêreld?
    Wie beheer regtig die wêreld?
  • Wat is die Koninkryk van God?
    Wat is die Koninkryk van God?
Sien nog
Kan die dooies regtig weer lewe?
T-35 bl. 1-4
Ouers kyk na foto’s van hulle jong dogter wat gesterf het

Kan die dooies regtig weer lewe?

Wat dink jy?

  • ja

  • nee

  • miskien

WAT DIE BYBEL SÊ

‘Daar sal ’n opstanding wees.’ – Handelinge 24:15, Nuwe Wêreld-vertaling.

WAT DIT VIR JOU KAN BETEKEN

Vertroosting wanneer geliefdes sterf. – 2 Korintiërs 1:3, 4.

Vryheid van ’n ongesonde vrees vir die dood. – Hebreërs 2:15.

’n Ware hoop om weer saam met jou geliefdes wat gesterf het, te wees. – Johannes 5:28, 29.

’n Gesin en ’n weduwee word vertroos deur die opstandingshoop

KAN ONS REGTIG GLO WAT DIE BYBEL SÊ?

Ja, vir ten minste drie redes:

  • God het lewe geskep. Die Bybel noem Jehovah God “die bron van lewe” (Psalm 36:9; Handelinge 17:24, 25). Die Een wat lewe gegee het aan alle lewende dinge, kan tog sekerlik iemand wat gesterf het, weer lewend maak.

  • God het mense in die verlede opgewek. Die Bybel vertel van agt gevalle waar mense – jonk, oud, manlik en vroulik – op die aarde weer lewend gemaak is. Party was ’n kort rukkie dood, maar een was vier dae lank in die graf! – Johannes 11:39-44.

  • God wil dit baie graag weer doen. Jehovah haat die dood; hy sien dit as ’n vyand (1 Korintiërs 15:26). Hy kan nie wag om ontslae te raak van hierdie vyand en om die dood deur middel van die opstanding uit te wis nie. Hy wil graag die mense wat in sy geheue is, uit die dood laat opstaan en hulle weer op die aarde sien lewe. – Job 14:14, 15.

IETS OM OOR TE DINK

’n Jong seun word ’n ou man

Hoekom word ons oud en sterf ons?

Die Bybel beantwoord hierdie vraag in GENESIS 3:17-19 en ROMEINE 5:12.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel