Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • T-36 bl. 1-4
  • Wat is die Koninkryk van God?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat is die Koninkryk van God?
  • Wat is die Koninkryk van God?
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat dink jy sal in die toekoms gebeur?
    Wat dink jy sal in die toekoms gebeur
  • Wie beheer regtig die wêreld?
    Wie beheer regtig die wêreld?
  • Kan die dooies regtig weer lewe?
    Kan die dooies regtig weer lewe?
  • Sal mense ooit ophou swaarkry?
    Sal mense ooit ophou swaarkry?
Sien nog
Wat is die Koninkryk van God?
T-36 bl. 1-4
Mense van verskillende agtergronde bid dat die Koninkryk van God moet kom

Wat is die Koninkryk van God?

Sal jy sê dit is . . . 

  • iets in jou hart?

  • ’n regering in die hemel?

  • iets anders?

WAT DIE BYBEL SÊ

“Die God van die hemel [sal] ’n koninkryk oprig wat nooit vernietig sal word nie.” – Daniël 2:44, Nuwe Wêreld-vertaling.

“’n Seun is aan ons gegee, en die heerskappy [of, regering] sal op sy skouers wees.” – Jesaja 9:6.

WAT DIT VIR JOU KAN BETEKEN

  • ’n Regverdige regering wat jou kan bevoordeel. – Jesaja 48:17, 18.

  • Volmaakte gesondheid en geluk in ’n toekomstige nuwe wêreld. – Openbaring 21:3, 4.

Mense maak tuin en geniet die lewe op ’n paradysaarde onder God se Koninkryk

KAN ONS REGTIG GLO WAT DIE BYBEL SÊ?

Ja, vir ten minste twee redes:

  • Jesus het gewys wat God se Koninkryk sal doen. Jesus het sy volgelinge geleer om te bid dat God se Koninkryk moet kom en dat God se wil op die aarde moet plaasvind (Matteus 6:9, 10). Jesus het gewys hoe hierdie gebed beantwoord sal word.

    Toe Jesus op die aarde was, het hy honger mense kos gegee, siek mense gesond gemaak en dooies weer laat lewe! (Matteus 15:29-38; Johannes 11:38-44). As die toekomstige Heerser van God se Koninkryk het Jesus gewys wat hierdie Koninkryk vir mense sal doen. – Openbaring 11:15.

  • Wêreldtoestande wys duidelik dat God se Koninkryk binnekort sal kom. Jesus het voorspel dat ons wêreld deur oorloë, hongersnode en aardbewings getref sou word net voordat die Koninkryk vrede op die aarde sou bring. – Matteus 24:3, 7.

    Dit is presies wat ons vandag sien gebeur. So, ons kan vertrou dat God se Koninkryk binnekort ’n einde aan al hierdie probleme sal maak.

IETS OM OOR TE DINK

’n Mooi aarde onder God se Koninkryk

Hoe sal die lewe onder God se Koninkryk wees?

Die Bybel beantwoord hierdie vraag in PSALM 37:29 en JESAJA 65:21-23.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel