Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • T-34 bl. 1-4
  • Sal mense ooit ophou swaarkry?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Sal mense ooit ophou swaarkry?
  • Sal mense ooit ophou swaarkry?
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat dink jy sal in die toekoms gebeur?
    Wat dink jy sal in die toekoms gebeur
  • Kan die dooies regtig weer lewe?
    Kan die dooies regtig weer lewe?
  • Wat is die Koninkryk van God?
    Wat is die Koninkryk van God?
  • Wie beheer regtig die wêreld?
    Wie beheer regtig die wêreld?
Sien nog
Sal mense ooit ophou swaarkry?
T-34 bl. 1-4

Sal mense ooit ophou swaarkry?

Wat dink jy?

  • ja

  • nee

  • miskien

WAT DIE BYBEL SÊ

“God . . . sal al die trane van hulle oë afvee, en die dood, swaarkry, gehuil of pyn sal nie meer daar wees nie.” – Openbaring 21:3, 4, Contemporary English Version.

WAT DIT VIR JOU KAN BETEKEN

Dit verseker ons dat God nie ons probleme veroorsaak nie. – Jakobus 1:13.

Dit vertroos ons, want dit wys dat God heeltemal verstaan hoe ons voel wanneer ons swaarkry. – Sagaria 2:8.

Dit gee ons hoop dat alle swaarkry sal ophou. – Psalm 37:9-11.

’n Man lees die Bybel en stel hom voor hoe swaarkry en ongeregtigheid in die wêreld tot ’n einde kom

KAN ONS REGTIG GLO WAT DIE BYBEL SÊ?

Ja, vir ten minste twee redes:

  • God haat swaarkry en ongeregtigheid. Dink aan hoe Jehovah God oor die wrede mishandeling van sy volk in Bybeltye gevoel het. Die Bybel sê dat dit hom ontstel het “omdat hulle vyande hulle . . . mishandel het”. – Rigters 2:18, Nuwe Wêreld-vertaling.

    God haat dit wanneer mense ander seermaak. Die Bybel sê byvoorbeeld dat “hande wat onskuldige mense doodmaak” vir hom afskuwelik is. – Spreuke 6:16, 17.

  • God gee vir elkeen van ons om. Elkeen van ons “weet watter probleem en watter pyn” ons het, maar Jehovah weet dit ook! – 2 Kronieke 6:29, 30.

    Jehovah sal binnekort deur middel van sy Koninkryk ’n einde maak aan swaarkry (Matteus 6:9, 10). Intussen vertroos hy almal liefdevol wat hom opreg soek. – Handelinge 17:27; 2 Korintiërs 1:3, 4.

IETS OM OOR TE DINK

Twee vroue studeer die Bybel

Hoekom laat God toe dat mense swaarkry?

Die Bybel beantwoord hierdie vraag in ROMEINE 5:12 en 2 PETRUS 3:9.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel