Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • jy hfst. 16 bl. 42-bl. 43 par. 8
  • Jesus is ywerig vir ware aanbidding

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jesus is ywerig vir ware aanbidding
  • Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Soortgelyke materiaal
  • Ywer vir Jehovah se aanbidding
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Ywer vir Jehovah se aanbidding
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • Jesus maak die tempel skoon
    Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • ’n Tweede wonderwerk in Kana
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
Sien nog
Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
jy hfst. 16 bl. 42-bl. 43 par. 8
Jesus jaag die geldwisselaars uit die tempel uit

HOOFSTUK 16

Jesus is ywerig vir ware aanbidding

JOHANNES 2:12-22

  • JESUS REINIG DIE TEMPEL

Ná die troue in Kana gaan Jesus na Kapernaum. Jesus se ma en sy halfbroers – Jakobus, Josef, Simon en Judas – gaan saam met hom.

Maar hoekom gaan Jesus na Kapernaum? Hierdie stad is beter geleë as Nasaret of Kana en is blykbaar groter. En baie van Jesus se nuwe dissipels woon ook in of naby Kapernaum. Jesus kan hulle dus oplei in hulle tuisgebied.

Terwyl Jesus in Kapernaum is, doen hy ook wonderwerke. Baie mense in die stad en in die omliggende gebiede hoor dus van die dinge wat hy daar doen. Maar Jesus en sy vriende, wat toegewyde Joodse manne is, moet binnekort Jerusalem toe gaan vir die Pasga van 30 HJ.

Terwyl Jesus se dissipels by die tempel is, sien hulle ’n kant van Jesus wat hulle nog nooit voorheen gesien het nie, en dit beïndruk hulle baie.

God se Wet vereis dat Israeliete diere by die tempel gaan offer, en besoekers het kos nodig terwyl hulle in die stad bly. Daarom laat die Wet toe dat die mense wat van ver af na Jerusalem kom, geld saambring om “beeste, skape, bokke” en ander dinge wat hulle nodig het, te koop terwyl hulle daar is (Deuteronomium 14:24-26). Gevolglik verkoop handelaars in Jerusalem diere of voëls net daar binne-in ’n groot voorhof van die tempel. En party van hulle buit die mense uit deur hulle te veel geld te vra.

Jesus word baie kwaad en gooi die muntstukke van die geldwisselaars uit, keer hulle tafels om en jaag die mans weg. Dan sê Jesus: “Vat hierdie goed hier weg! Hou op om die huis van my Vader ’n besigheidsplek te maak!” – Johannes 2:16.

Wanneer Jesus se dissipels dit sien, dink hulle aan die profesie oor God se Seun: “Die ywer vir u huis sal my verteer.” Maar die Jode vra: “Watter teken kan jy vir ons gee om te bewys dat jy die reg het om hierdie dinge te doen?” Jesus antwoord: “Breek hierdie tempel af, en ek sal dit in drie dae weer opbou.” – Johannes 2:17-19; Psalm 69:9.

Die Jode neem aan dat Jesus van die letterlike tempel daar in Jerusalem praat, en daarom sê hulle: “Hierdie tempel is in 46 jaar gebou, en sal jy dit in drie dae weer opbou?” (Johannes 2:20). Maar Jesus verwys na sy liggaam as ’n tempel. Drie jaar later onthou sy dissipels hierdie woorde wanneer hy uit die dood opgewek word.

  • Waarheen gaan Jesus ná die troue in Kana?

  • Hoekom is Jesus kwaad oor wat hy by die tempel sien, en wat doen hy?

  • Waarna verwys Jesus met die woorde “hierdie tempel”, en wat bedoel hy?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel