Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • lfb les 76 bl. 180-bl. 181 par. 2
  • Jesus maak die tempel skoon

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jesus maak die tempel skoon
  • Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Soortgelyke materiaal
  • Jesus reinig die tempel
    My boek met Bybelverhale
  • Jesus is ywerig vir ware aanbidding
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Ywer vir Jehovah se aanbidding
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • Ywer vir Jehovah se aanbidding
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
Sien nog
Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
lfb les 76 bl. 180-bl. 181 par. 2
Jesus gebruik ’n sweep om diere by die tempel uit te jaag en hy gooi die tafels om van die mense wat geld ruil

LES 76

Jesus maak die tempel skoon

In die lente van die jaar 30 HJ het Jesus na Jerusalem toe gegaan. Baie mense het na die stad toe gekom om die Pasga te vier. As deel van die viering het hulle diere by die tempel geoffer. Party mense het diere saamgebring, maar ander mense het diere in Jerusalem gekoop.

Toe Jesus na die tempel toe gaan, het hy gesien dat mense besig is om diere daar te verkoop. Hulle was besig om geld te maak daar in Jehovah se huis van aanbidding! Wat het Jesus gedoen? Hy het ’n sweep van toue gemaak en die skape en die beeste uit die tempel uitgejaag. Hy het die tafels omgegooi van die mense wat geld geruil het, en hulle geld het op die grond geval. Toe sê Jesus vir die mense wat duiwe verkoop het: ‘Vat hierdie goed hier weg! Moenie my Vader se huis ’n plek maak waar besigheid gedoen word nie!’

Mense by die tempel was verbaas oor wat Jesus gedoen het. Sy dissipels het die profesie oor die Messias onthou: ‘Ek sal vol ywer wees vir die huis van Jehovah.’

Later, in die jaar 33 HJ, het Jesus die tempel weer skoongemaak. Hy het niemand daar toegelaat wat nie respek vir sy Vader se huis getoon het nie.

“Julle kan nie slawe van God en van Rykdom wees nie.” – Lukas 16:13

Vrae: Wat het Jesus gedoen toe hy sien dat mense diere by die tempel verkoop? Hoekom het Jesus dit gedoen?

Matteus 21:12, 13; Markus 11:15-17; Lukas 19:45, 46; Johannes 2:13-17; Psalm 69:9

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel