Inleiding tot Deel 11
Hierdie deel lei die Christelike Griekse Geskrifte in. Jesus is in ’n nederige gesin gebore, en hulle het in ’n klein dorpie gebly. Hy het saam met sy pa, wat ’n timmerman was, gewerk. Jesus was die een wat die mensdom sou red. Jehovah het hom gekies as Koning van die Koninkryk van die hemele. As jy ’n ouer is, moet jy jou kind help besef hoe versigtig Jehovah die gesin en omgewing gekies het waarin Jesus grootgeword het. Verduidelik hoe Jehovah Jesus beskerm het sodat hy nie deur Herodes vermoor is nie en hoe niks Jehovah se voorneme kan keer nie. Vind uit hoe Jehovah Johannes gekies het om die weg vir Jesus voor te berei. Beklemtoon hoe Jesus, selfs van ’n jong ouderdom af, getoon het dat hy lief was vir Jehovah se wysheid.