Inleiding tot Deel 13
Jesus het na die aarde toe gekom om sy lewe vir onvolmaakte mense te gee. Al het hy gesterf, het hy die wêreld oorwin. Jehovah was lojaal aan sy Seun en het hom weer opgewek. Jesus het, tot en met sy dood, ander nederig gedien en hulle vergewe wanneer hulle foute gemaak het. Ná sy opstanding het Jesus aan sy dissipels verskyn. Hy het hulle geleer hoe om die belangrike werk te doen wat hy vir hulle gegee het. As jy ’n ouer is, help jou kind om te verstaan dat ons ook vandag hierdie selfde werk doen.