Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w80 2/15 bl. 30-31
  • Vrae van lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae van lesers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
  • Soortgelyke materiaal
  • Jehovah doen altyd wat reg is
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • Lot se vrou het omgekyk
    My boek met Bybelverhale
  • Dink aan die vrou van Lot
    Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Voorbereiding vir verlossing tot in ’n nuwe wêreld
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
w80 2/15 bl. 30-31

Vrae van lesers

● Hoe is dit dat Christene “engele sal oordeel”, volgens 1 Korinthiërs 6:3?

Dit verwys klaarblyklik na gesalfde Christene wat saam met Christus goddelose engele, demone of duiwels, in die toekoms sal oordeel. Toe die apostel Paulus Christene aangespoor het om persoonlike geskille met die hulp van ryp broers in die gemeente te besleg, in plaas daarvan om na wêreldlike howe te gaan, het hy geskryf: “Weet julle nie dat die heiliges die wêreld sal oordeel nie? En as die wêreld deur julle geoordeel word, is julle dan onbevoeg vir die geringste regsake? Weet julle nie dat ons engele sal oordeel nie, hoeveel te meer die alledaagse dinge?”—1 Kor. 6:2, 3.

Party het gemeen dat Paulus gesê het dat Christene in staat sal wees om duiwels uit te dryf toe hy van “oordeel” gepraat het. Maar Christus se volgelinge was reeds gemagtig om dit te doen, terwyl Paulus hier na iets in die toekoms verwys het (‘ons sal die wêreld oordeel en ons sal engele oordeel’) (Matt. 10:8; Luk. 10:17; Hand. 16:16-18; 19:11, 12). Ander meen dat Paulus gesê het dat Christene, deur hulle voorbeeldige gedrag, die vernederde engele wat Satan volg, veroordeel. Dit was weer eens nie iets wat tot die toekoms beperk was nie; Christene het hulle reeds jare lank goed gedra (Matt. 5:14-16; Tit. 2:6-8; 1 Pet. 3:16). Die verband van Paulus se woorde skakel oënskynlik ook die moontlikheid uit dat hierdie ‘beoordeling van engele’ bloot ’n geval van goeie gedrag is wat veroordeel deur middel van ’n teenstelling.

Die Bybel toon egter dat daar ’n oordeel op die Duiwel wag—sy kop sal vermorsel word (Gen. 3:15). Waar dit die begin van daardie optrede beskryf, sê Openbaring 20:1-3 dat ’n sterk engel die Duiwel sal gryp en vasbind vir die duisend jaar. Verse 7-10 sê dat Satan aan die einde van daardie tydperk ’n kort rukkie vrygelaat sal word. Maar dan, as die tweede fase van die ‘vermorseling’, sal hy in die vurige poel van ewige vernietiging gewerp word.

Openbaring sê nie regstreeks dat die gesalfde koning-priesters in die hemel ’n deel aan die voltrekking van hierdie oordeel sal hê nie. Maar dit sê ook nie dat die demone saam met die Duiwel in die afgrond opgesluit sal word nie, iets wat die Bybel elders aandui (Luk. 8:31). Die feit dat Openbaring 20:1-10 nie sê dat die 144 000 saam met Christus die oordeel sal vel nie, beteken nie dat hulle geen aandeel daaraan sal hê nie. Romeine 16:20 sê van hulle: “Die God van vrede sal die Satan spoedig onder julle voete verbrysel.”

Gevolglik blyk dit dat toe Paulus gesê het dat die gesalfdes “engele sal oordeel”, hy verwys het na die toekomstige voltrekking van oordeel aan goddelose geeste. Selfs al verstrek die Bybel nie besonderhede oor die aandeel wat Christus se mede-erfgename in hierdie oordeel sal hê nie, kan ons daarvan seker wees dat hulle ten minste ’n ondersteunende rol sal hê. Hulle sal Jesus ongetwyfeld ondersteun en sy oordeel goedkeur.

● Was dit nie verkeerd van Lot om sy dogters vir die Sodomiete aan te bied nie?

Hoewel party persone sê dat Lot verkeerd opgetree het, is ons vandag werklik nie in die posisie om hom te veroordeel nie. Die Bybel toon dat God, wat harte lees. Lot nie veroordeel het nie.

Toe God twee gematerialiseerde engele na Sodom en Gomorra gestuur het, het Lot gasvry daarop aangedring dat hulle in sy huis oornag. Daardie aand het ’n gepeupel Sodomiete die huis omring en uitgeroep: “Waar is die manne wat vannag na jou gekom het? Bring hulle na ons toe uit, dat ons hulle kan beken.”—Gen. 18:20, 21; 19:1-5.

Lot het uitgegaan en probeer om die manne tot ander insigte oor te haal. Toe het hy gepleit: “Kyk tog, ek het twee dogters wat geen man beken het nie; laat ek dié na julle uitbring, en doen met hulle soos dit goed is in julle oë. Net aan hierdie manne moet julle niks doen nie, want daarom het hulle onder die skaduwee van my dak ingekom.” Die verwoede gepeupel het op Lot aangedring en amper die deur afgebreek. Toe het die engele ingegryp en die gepeupel met blindheid geslaan.—Gen. 19:6-11.

Hierdie verslag het baie, veral vroue, dronkgeslaan of ontstel. Party persone het selfs beweer dat Lot lafhartig opgetree het, dat hy nie sy gaste se veiligheid met sy dogters se kuisheid moes probeer koop het nie, of dat hy homself vir die gepeupel moes gegee het.

Maar ons moet daarop let dat dit, volgens die gedragskode in die Ooste, ’n gasheer se verantwoordelikheid was om gaste in sy huis te beskerm, en hulle selfs met sy lewe te verdedig, indien nodig. Lot se woorde (“daarom het hulle [die twee manne] onder die skaduwee van my dak ingekom”) toon dat hy bewus van ’n verpligting om sy gaste te beskerm. En hoe kan enigiemand Lot van lafhartigheid beskuldig? Hy het moedig na die gepeupel uitgegaan, en selfs die deur agter hom toegemaak en hulle alleen toegespreek.

Maar wat van Lot se aanbod aan die gepeupel? Hoewel party gesê het dat Lot homself moes gegee het, is dit onwaarskynlik dat die perverse gepeupel met ’n bejaarde, getroude man tevrede sou wees. Maar die aanbod van twee maagde het die gepeupel dalk ietwat verwar: Hier was twee jong maagde, en die kans om hulle hulle reinheid te ontneem, kon vir die gepeupel aantreklik gelyk het. Maar aan die ander kant was dit vroue, en hulle was verloof aan twee manne van die stad. Daardie aanbod kon dus die perverse gepeupel se aandag afgetrek of hulle verdeel het.

Daarbenewens was dit moontlik dat Lot, hoewel hy aanvanklik onwetend engele ontvang het, nou besef het dat dit boodskappers van God af was (Hebr. 13:2). Gevolglik kon Lot bereid gewees het om sy dogters op te offer, indien nodig, al het hy hulle ook innig liefgehad. (Vergelyk Genesis 22:1-14; 2 Samuel 12:3.) Toe hy sy dogters vir die gepeupel aangebied het, was Lot dalk seker dat indien dit Jehovah se wil was, God sy dogters kon beskerm net soos God tevore vir Sara in Egipte beskerm het (Gen. 12:17-19). En Jehovah het sake so bestuur dat Lot en sy dogters veilig bewaar is, nie alleen teen die homoseksuele gepeupel nie, maar ook teen die vurige vernietiging van die stede.—Gen. 19:15-29.

Die engele het nie gesê dat Lot sy geregtigheid beklad het deur daardie aanbod te doen nie. Hulle het eerder vir Lot en sy gesin gehelp om te vlug toe God daardie stede vernietig het, wat nie eens 10 regverdige persone bevat het nie (Gen. 18:26-32). Wat nog betekenisvoller is, is dat God Lot nie gekritiseer het nie, en hy was ’n man wat gepynig is net by die aanskouing van wettelose werke. Inteendeel, Jehovah, wat harte kan lees, het gesê dat Lot ’n “regverdige man” was.—Spr. 15:11; 2 Pet. 2:8, 9.

Hierdie verslag is ’n waardevolle deel van die Bybel. Dit beklemtoon Sodom en Gomorra se boosheid, dit wek verontwaardiging by regverdige persone wat dit lees, en dit openbaar God se afkeer van homoseksualiteit. Hierdie verslag help ons ook om die Bybel se versekering dat God regverdig en billik optree, te waardeer—hy kan boosheid nie verdra nie (Deut. 32:4). En ons kan vertrou dat God net so volmaak en regverdig is in sy oordeel dat Lot ’n “regverdige man” was.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel