Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w80 10/1 bl. 8-9
  • “Die woord van God is nie gebonde nie”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Die woord van God is nie gebonde nie”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
  • Soortgelyke materiaal
  • Versprei Koninkryksaad by elke geleentheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • Korrespondensie met gevangenes
    Ons Koninkryksbediening—1989
  • “Julle het my indruk van Jehovah Se Getuies verander”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
  • Is die oplossing ’n deel van die probleem?
    Ontwaak!—2001
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
w80 10/1 bl. 8-9

“Die woord van God is nie gebonde nie”

TERWYL hy sy tweede tronkvonnis in Rome uitgedien het, het die apostel Paulus hierdie onomstootlike waarheid geuiter: “Die woord van God is nie gebonde nie” (2 Tim. 2:9). Hierdie woorde kan toegelig word deur die volgende ondervinding uit die eiland Tahiti in die Stille Oseaan.

“Tydens een van ons vergaderinge het ’n ouere man wat destyds die Bybelstudie-opsiener was ’n buitengewone gebied aangevra—Tahiti se tronk, waar hy as ’n bewaarder gewerk het. Die jammerlike situasie van die gevangenes het hom ontstel, en hy was daarvan oortuig dat hulle ook graag die ‘goeie nuus’ in die Bybel wou hoor. Ons gemeente het verskeie aansoeke gedoen om toestemming om die gevangenes te besoek, maar ongelukkig was die antwoord altyd: ‘Katolieke, Protestante, Adventiste, Mormone en dies meer is welkom om oor hulle godsdiens te kom praat, want daar is lidmate van daardie kerke in ons tronk; maar daar is geen Jehovahsgetuies hier nie.’

“Die ouere man het dus besluit om die ‘goeie nuus’ in die tronk te verkondig waar hy ’n lid van die verbeteringspersoneel was. Tydens sy etenstyd, van 12 vm. tot 2 nm., het hy die Koninkrykshoop verkondig. Sy bedrywigheid het gou vrug gedra en Bybelstudies is gereeld gehou.

“Toe hulle die welslae van die Getuie waarneem, het ander bewaarders, waarvan party Protestantse diakens was, ’n paar van die gevangenes van hulle geloof oorreed om by die direkteur te kla dat sy predikingswerk hulle tydens hulle middagslapie steur. Hy is dus na die direkteur se kantoor ontbied waar hy gevra is om sy evangelisasiewerk te staak omdat die gevangenes in Blok A nie daarvan gehou het om gedurende hulle middagslapie gesteur te word nie. Hy het taktvol die voordelige invloed van Bybelleer beklemtoon en gewys op die positiewe resultate wat behaal is met die gevangenes in Blok C, terwyl hy nog nooit iemand in Blok A besoek het nie. Die direkteur het gou die geveinsdheid van die protesteerders waargeneem; maar om die vrede te bewaar, het hy die Getuie versoek om nie van sel tot sel te preek nie. Hy is nietemin toegelaat om diegene te besoek wat wou hê dat hy hulle moet besoek.

“God se Woord was dus nie gebonde nie. Omtrent vyf gevangenes het voortgegaan om die geestelike voedsel in te neem wat mettertyd hulle lewens verander het. Trouens, een van hulle het ’n belangrike rol by die verspreiding van hierdie voedsel gespeel. Hierdie man is nege jaar tevore tronk toe gestuur weens verskeie diefstalle. Hy was ’n besonder moeilike gevangene en het verskeie kere ontsnap, maar hy is altyd weer gevang en dan is sy vonnis verleng. Omdat die bewaarder verbied is om van sel tot sel te preek, het hierdie gevangene gou begryp dat dit sy verantwoordelikheid is om die ‘goeie nuus’ aan medegevangenes te verkondig.

“Tot party bewaarders se ergernis was Jehovah eerlank die hoofonderwerp van bespreking in die tronk. Priesters en pastore wat die tronk besoek het, is bestook met vrae oor allerhande onderwerpe, soos die siel, die vaevuur, die hel, die tyd van die einde. Party bewaarders het beweer dat die predikingswerk onrus veroorsaak het, en dus het die direkteur besluit om Bybelonderrigting op die tronkterrein te verbied.

“Maar die Getuie het nie sy plan om die ‘goeie nuus’ aan die gevangenes te verkondig laat vaar nie, en hy het aansoek gedoen om spesiale toestemming dat belangstellende gevangenes op Saterdae, sy vry dag, by sy huis kom werk. Die versoek is toegestaan; almal wat gewillig was, is dus elke Saterdag aan sy sorg toevertrou. Dit is onnodig om te sê dat geen tyd verkwis is nie en dat talle Bybelstudies elke week gehou is.

“Die ouere man is ryklik beloon vir sy volharding. Een van die gevaarlikste gevangenes het sy persoonlikheid verander en toestemming verkry om ’n kringbyeenkoms by te woon waar hy toe gedoop is.

“Van toe af was een van die gevangenes in die tronk een van Jehovah se Getuies. Die direkteur was so verbaas oor die groot veranderinge wat God se Woord in party van sy gevangenes tot gevolg gehad het, dat hy voorgestel het dat hulle formeel aansoek doen dat ’n Getuie-prediker die tronk amptelik besoek. Die aansoek is ingedien en toestemming is verleen, met een voorbehoud—Jehovah se Getuies sal nie (soos ander kerke) net een uur saam met die gevangenes deurbring nie, maar twee ure!

“Elke Maandag na aandete kan alle belangstellendes nou baat vind by ’n openbare toespraak asook ’n Bybelstudie van een uur, danksy die hulp van drie Getuies van ons gemeente. Net soos die apostel Paulus in die gevangenis kan hulle ook nou sê: ‘Die woord van God is nie gebonde nie.’—2 Tim. 2:9.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel