“Hoe goed is ’n woord op sy tyd!”
“HOE goed is ’n woord op sy tyd!” het die wyse skrywer van ‘n Bybelspreuk uitgeroep (Spr. 15:23). En hoe waar is dit tog!
In ’n sekere land in Oos-Europa het twee van Jehovah se Getuies eendag in ’n park geloop en ’n gesprek aangeknoop met ’n jongman wat met sy kind daar gaan wandel het. Dit het gelei tot ’n uitnodiging na die woonstel van een van die Getuies. Hier het die man en sy vrou die Bybel se boodskap gehoor. Mettertyd het hierdie egpaar en die jongman se moeder die waarheid van God se Woord aangeneem.
Dit is interessant dat die jongman, op die dag dat hy die twee Getuies ontmoet het, by ’n kapel in die park stilgestaan en gebid het: ‘O God, laat my u vind, indien u bestaan.’ Die man het al drie jaar lank vir wandelings in daardie park gegaan. Maar op daardie spesifieke dag het hy die twee getuies van Jehovah ontmoet. Hoe goed is dit tog dat hulle die “goeie nuus” ywerig probeer verkondig het! Die jongman het dit as God se antwoord op sy gebed beskou.