Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w84 11/1 bl. 3-4
  • Geweld!—’n Toenemende bedreiging vir jou

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Geweld!—’n Toenemende bedreiging vir jou
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe beskou God geweld?
    Ontwaak!—2002
  • Is ’n wêreld sonder geweld moontlik?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2016
  • Ons swaar tye—Waarom so gewelddadig?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Geweld kom oral voor
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
w84 11/1 bl. 3-4

Geweld!—’n Toenemende bedreiging vir jou

Met ’n klaarblyklik senuweeagtige rower wat ’n rewolwer op jou gerig hou, hoef niemand jou te oortuig dat vandag se toenemende geweld ’n werklike bedreiging vir JOU inhou nie! Jou hart klop met hamerslae! Die koue sweet tap jou af! Jy wonder half paniekbevange of jy lewendig uit hierdie situasie gaan kom. Daardie koue, gevoellose rewolwerloop lyk net so genadeloos soos die ysige blik van die rower! Die jongste statistiek oor toenemende geweld word op ’n besonder kragtige, skokkende wyse by JOU tuisgebring!

IS JY nie bly dat jy net lees van die toneel wat hierbo beskryf is nie? Niemand word natuurlik so ’n ondervinding toegewens nie, en dit is beslis nie goed om voortdurend in vrees vir so ’n moontlikheid te lewe nie. Dit sou terselfdertyd onverskillig wees om jou oë vir die gebeure te sluit.

As ’n ingeligte persoon stem jy moontlik geredelik saam dat ons in gewelddadige tye lewe. Maar dit pla jou miskien nie te veel nie, solank jy nie self in ’n rewolwerloop afkyk nie. En tog kan die moontlikheid dat jy die slagoffer van ’n gewelddaad kan wees nie geïgnoreer word nie.a In talle lande is verkragting en aanranding op straat en in ander openbare plekke nou ’n immer teenwoordige bedreiging. Politieke en arbeidsonrus lei maklik tot uitbarstings van geweld. En daar is die protesoptogte wat, hoewel dit dalk goed bedoel word, uitbarstings kan veroorsaak, asook die heel onsinnigste bron van geweld—onvoorspelbare terrorisme.

Maar dis nie al nie. Selfs in die huis word hierdie probleem deur die wydverspreide geweld onder gesinslede letterlik by jou tuisgebring, ’n Artikel in The Toronto Star het onder die tussenhofie “Geweld neem toe”, berig dat daar in Kanada “elke jaar ongeveer 490 000 vroue geslaan word”. En in die Verenigde State word daar jaarliks twee- tot sesmiljoen vroue geslaan en ’n halfmiljoen bejaardes deur hulle eie bloedverwante mishandel. In dieselfde land beweer die Nasionale Sentrum vir Kindermishandeling en -verwaarlosing dat “die werklike aantal kinders wat mishandel en verwaarloos word, jaarliks . . . op ten minste 1 000 000 te staan kom”. Deesdae is “die kanse groter dat jy tuis vermoor, beseer of aangerand sal word deur iemand wat aan jou verwant is, as in enige ander sosiale verband”, sê ’n sosioloog.

As ’n mens hierby voeg die toenemende geweld deur sowel toeskouers as spelers by sportgeleenthede, die voorbedagte vermeerdering daarvan in TV-programme, rolprente en videokassette, sowel as die eeue-oue geweld van oorlog en revolusies, wonder jy of die wêreld nie mal geword het nie. Dit gee aanleiding tot die vrae: Waarom is ons tye so gewelddadig? Was dit nog altyd so? Of beteken die dinge wat ons sien eerder iets besonders? En is daar enige blywende uitweg uit die waansin van hierdie eeu van geweld?

Die volgende artikel is geskryf om hierdie vrae te beantwoord en om die aandag op iets beters te vestig. Ons hoop dat dit jou sal help om ’n ingeligte en gebalanseerde beskouing van hierdie toenemende bedreiging te verkry.

[Voetnoot]

a Ontwaak! van 22 Februarie 1980, bladsye 7-11, bevat uitstekende wenke oor hoe die treurige gevolge van die toename in misdadigheid vermy kan word.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel