Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w85 9/1 bl. 7
  • Bevorder godsdiens eenheid?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bevorder godsdiens eenheid?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Soortgelyke materiaal
  • Gee die wêreld se godsdienste die regte leiding?
    Ware vrede en veiligheid—Hoe kan jy dit vind?
  • Godsdiens se rol in menseoorloë
    Ontwaak!—1993
  • Beoefen suiwer godsdiens sodat jy behoue kan bly
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Is enige godsdiens goed genoeg?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
w85 9/1 bl. 7

Bevorder godsdiens eenheid?

HET godsdiens in sy geheel eenheid in die wêreld bevorder? Of het dit eerder die dood en vernietiging in die hand gewerk? In antwoord hierop moet ons sê dat die wêreld ’n eeu van botsings ervaar​—veroorsaak deur nasionalisme, maar aangeblaas deur godsdiens. Sedert 1909 het minstens 14 groot wêreldbotsings godsdienstige oorsake gehad. “Van die ou dae af tot die hede”, sê Ernest Lefever, President van die Etiek- en Openbare Beleidsentrum in Washington, D.C., “is baie min oorloë gevoer waarin godsdiens nie ’n aandeel gehad het nie.”

Maar in die teorie behoort godsdiens vrede in die wêreld te kan handhaaf. Sindikaatrubriekskrywer Mike Royko skryf: “As soldate sou weier om iemand dood te maak bloot omdat hulle dieselfde godsdiens beoefen, sou dit [baie] moeilik wees om ’n oorlog aan die gang te kry.” Nadat hy gemeld het dat mense van dieselfde nie-Christelike geloof “mekaar gretig by die derduisende vermoor het”, het hy gesê: “Dit het Christene ook nie teen die bors gestuit om oorloë teen ander Christene te voer nie. As dit die geval was, sou die meeste van die vurigste oorloë in Europa nooit plaasgevind het nie.”

Is dit dan ’n wonder dat talle mense niks te doen wil hê met enigiets wat na godsdiens sweem nie? Die bladsye van die geskiedenis is dikwels bebloed deur strydlustige dwepers wat God se Woord, die Bybel, geïgnoreer of die betekenis daarvan verdraai het om hulle eie selfsugtige belange te pas.

Maar as die lewenswyse wat in die Bybel uiteengesit is noukeurig gevolg word, lei dit nie tot botsings nie, maar slegs tot vrede en eenheid (Spreuke 3:1-6). Jesus het sy volgelinge aangespoor: “Julle moet jul vyande liefhê en goed doen aan die wat vir julle haat” (Lukas 6:27). Jesus het ook gewys op hierdie kenmerk van sy ware volgelinge toe hy gesê het: “Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.”​—Johannes 13:35.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel