Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w85 9/15 bl. 13
  • Insig in die nuus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Insig in die nuus
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • “Konfrontasie” tussen Suidelike Baptiste
  • Sportgeweld
  • ‘Bly nie by hulle rol nie’
  • Wêreldbekersokker—Sport of oorlog?
    Ontwaak!—1991
  • Probleme in hedendaagse sport
    Ontwaak!—1991
  • Moet ek by die skoolspan aansluit?
    Ontwaak!—1991
  • Hou sport op sy regte plek
    Ontwaak!—1991
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
w85 9/15 bl. 13

Insig in die nuus

“Konfrontasie” tussen Suidelike Baptiste

Die spanning het hoog geloop by ’n godsdienssamekoms in Junie in die Dallas-Byeenkomssentrum. Meer as 45 000 Baptiste-afgevaardigdes het daar saamgekom vir wat The New York Times Magazine bestempel het as “’n konfrontasie tussen die fundamentaliste en die meer gematigde faksies oor die voorsitterskap van die Suidelike Baptiste-kongres”, die grootste Protestantse kerkgenootskap in die Verenigde State. Op die ou end is die fundamentalistiese geestelike, Charles Stanley, bo sy meer gematigde mededinger, Winfred Moore, verkies. Maar die kongres het geensins die tweedrag tussen kerklidmate gedemp nie.

Terwyl die Suidelike Baptiste glo dat die Bybel geïnspireer is, glo die meer gematigdes onder hulle, wat deur die fundamentaliste as liberaliste bestempel word, nie dat die Skrif noodwendig onfeilbaar is nie. Die fundamentaliste vrees dat die gematigdes tradisionele Baptiste-teologie in gevaar stel. Die gematigdes is andersyds gegrief oor die feit dat hulle fundamentalistiese broers nie ’n streng onderskeid tussen Kerk en Staat handhaaf nie, maar hulle met die politiek bemoei, soos om hulle vir skoolgebed en ’n verbod op aborsies te beywer. Die geskille tussen hierdie faksies is nog glad nie uit die weg geruim nie. Die situasie strook dus nie met die apostel Paulus se vermaning dat ware Christene “eenstemmig” moet wees en “verenig moet wees in dieselfde gesindheid en in die dieselfde mening” nie.​—1 Korinthiërs 1:10.

Sportgeweld

“Europa se sokkerstadiums word al hoe meer soos gladiator-arenas.” So sê die tydskrif Time in ’n berig oor die tragiese geweld wat tot die dood van 38 gelei het en waarby Britse en Italiaanse sokkergeesdriftiges in Mei by die eindwedstryd om die Europese Beker in Brussel betrokke was. Geweld deur geesdriftiges is ook in ander wêrelddele ’n toenemende probleem. In Mei het Chinese geesdriftiges in Peking amok gemaak​—busse verniel, motors omgekeer en buitelanders bedreig—​toe hulle sokkerspan deur Hongkong in die stryd om die Wêreldbeker uitgeskakel is.

Waarom raak sportgeesdriftiges gewelddadig? Volgens gesaghebbendes is dit omdat talle sportgeesdriftiges arm, verveeld en swak toegerus is om ’n neerlaag of vernedering te verwerk. “Maar sosiale stand of finansiële oorwegings is nie die hoofoorsake nie”, sê dr. Jeffrey H. Goldstein, ’n deskundige op die gebied van sportverwante geweld. “Dit is niks anders as nasionalisme nie. In ’n era van kitskommunikasie verander mense internasionale sportgeleenthede al hoe meer in nasionalistiese geskille, en die mense word aangehits deur die optrede van die pers, sportbeamptes, politici en die atlete self.” Dr. Goldstein sê dat geesdriftiges begin het om “internasionale sportgeleenthede as toetse van die regtheid of die verkeerdheid van ideologie te beskou”.

Terwyl nasionalisme talle sportgeesdriftiges tot geweld aanspoor, is ware Christene neutrale, vredeliewende voorstanders van God se Koninkryk. Hulle pas bowendien op dat hulle nie in die wêreld se wedywer vasgevang word nie.​—Johannes 17:16; Romeine 12:18; Galasiërs 5: 26, NW.

‘Bly nie by hulle rol nie’

“’n Eienaardige aspek van ons uiters uitgesproke, politieke biskoppe is dat hulle skynbaar geen sin vir Christelike prioriteite het nie”, skryf rubriekskrywer Paul Johnson in The Daily Telegraph van Londen. Kerkbiskoppe bestee te veel tyd aan politieke sake, sê hy, en ignoreer ’n baie belangriker probleem. Johnson sê: “In die Verenigde State sowel as Brittanje is die vernaamste oorsaak van armoede die enkelouergesin”, wat dikwels die gevolg van tieneronsedelikheid is. “Maar, eienaardig genoeg, ek het lank laas ’n geestelike, om nie te praat van ’n biskop nie, oor die euwels van hoerery hoor preek.” As biskoppe “maar net by hulle fundamentele en tradisionele rol as bewaarders van die sedelikheid wou bly”, sê hy, kan hulle “’n groot aandeel daarin hê om finansiële ontbering te verminder”.

Johnson se kommentare herinner aan ’n situasie in eertydse Israel. Die godsdiensleiers het destyds ook versuim om God se Woord te verkondig sodat hulle die mense kon “terugbring van hul verkeerde weg”. God het van sulke manne gesê: “Ek het dit teen die profete . . . wat my woorde steel, die een van die ander” (Jeremia 23:22, 30). Hedendaagse geestelikes wat versuim om behoorlike Christelike sedes te verkondig en miskien selfs Bybeltekste om politieke of ander redes verdraai, kan eweneens verwag dat hulle hulle God se misnoeë op die hals sal haal.​—Vergelyk Lukas 11:52.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel