Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w86 8/15 bl. 5-7
  • Waarom die misbruik van mag gewis sal ophou

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Waarom die misbruik van mag gewis sal ophou
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Wanneer sal dit ophou?
  • Die misbruik van mag—Sal dit ooit ophou?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Algemene misvattings
    Ontwaak!—1993
  • Voorkom molestering by die huis
    Ontwaak!—1993
  • Liefde en geregtigheid ondanks goddeloosheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2019
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
w86 8/15 bl. 5-7

Waarom die misbruik van mag gewis sal ophou

EERTYDSE koning Salomo het aangaande die misbruik van mag in sy dag geskryf: “Daarna weer het ek gesien al die verdrukkinge [misbruik van mag] wat onder die son plaasvind, en kyk, daar was trane van verdruktes, en vir hulle was daar geen trooster nie; en aan die kant van hulle verdrukkers was mag.”​—Prediker 4:1.

Jy kan tereg vra: ‘Sal die misbruik van mag vir altyd voortduur, aangesien dit al so lank bestaan?’ Nee, dit sal nie. Want, soos Salomo self onder inspirasie geskryf het, daar is Een wat dit alles waarneem: “As jy verdrukking van die arme en berowing van reg en geregtigheid sien in die land​—verwonder jou nie oor die saak nie, want ’n hoër een loer op die hoë, en die hoëres [“die Allerhoogste”, Rotherham] weer op hulle.”​—Prediker 5:7.

God se Woord, die Bybel, toon dat Jehovah, die Allerhoogste, oneindig is in mag en wysheid, sowel as volmaak in geregtigheid, en hy is die verpersoonliking van liefde. Omdat hy so ’n God is, sal hy nie vir ewig hierdie onregverdige toestande duld nie. Die psalmis Dawid het geskryf: “Wees nie toornig nie: dit is net om kwaad te stig. Want die kwaaddoeners sal uitgeroei word; maar die wat die HERE verwag, hulle sal die aarde besit.”​—Psalm 37:8, 9.

Ons kry verdere versekering uit die woorde van die profeet Jesaja: “Ek sal aan die . . . goddelose hulle ongeregtigheid [besoek]; en Ek sal die trots van die vermeteles laat ophou en die hoogmoed van tiranne [misbruikers van mag] verneder.”​—Jesaja 13:11.

Maar dit is eeue sedert daardie woorde geskryf is. Waarom kan ons dan seker wees dat Jehovah God nog sy belofte gaan uitvoer om alle magsmisbruik te beëindig? Omdat hy in die verlede bewys gelewer het van sy vasbeslotenheid om dit te doen. Voor die vloed van Noag se dag was daar groot misbruik van mag. Ons lees dat ‘die aarde vol geweld was’ (Genesis 6:5, 11). En wat is geweld anders as die misbruik van mag? Dit was ook die geval met die goddelose stede Sodom en Gomorra in Lot se dag (Genesis 18:20, 21; 19:4-29). In beide gevalle het Jehovah ’n einde gemaak aan die misbruik. Ons sien dus dat Jehovah God nie die misbruik van mag onbepaald duld nie.

Nog ’n rede waarom ons seker kan wees dat Jehovah sal optree, is die feit dat hy gesteld is op sy naam, en alle misbruik van mag is ’n belediging vir sy majesteit. Let op hierdie verband in die volgende verse: “Wie die geringe verdruk, versmaad sy Maker.” “Hy wat die arme bespot, versmaad sy Maker.”​—Spreuke 14:31; 17:5.

Ons kan dus seker wees dat die Allerhoogste dit nie vir altyd sal duld om gesmaad te word nie. Dit laat slegs een vraag: Wanneer sal die misbruik van mag ophou?

Wanneer sal dit ophou?

God se Woord deel ons mee dat “alles . . . sy bepaalde uur [het], en vir elke saak onder die hemel is daar ’n tyd” (Prediker 3:1). Party kan ongeduldig raak met God se rooster, maar ons word vertel: “Die Here vertraag nie die belofte . . . nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie.”​—2 Petrus 3:9.

Die vervulling van Bybelprofesie dui aan dat ons in die laaste dae van hierdie wêreld of stelsel lewe. Hierdie geslag het die vervulling gesien van Jesus se groot profesie aangaande sy teenwoordigheid en die voleinding van hierdie stelsel: oorloë, aardbewings, hongersnood, pessiektes, vermeerdering van ongeregtigheid en die verkondiging van die goeie nuus van God se Koninkryk (Mattheüs 24:1-35; Lukas 21:10, 11). Dit dui ons tyd aan as die laaste dae van hierdie goddelose wêreld.

Omdat hierdie die laaste dae is, kan ons hoop, om binnekort die vervulling van die profesie in Sefanja 3:8 te sien: “Verwag My, spreek die HERE, op die dag wat Ek My gereed maak vir die buit; want dit is my strafoordeel om nasies te versamel, koninkryke te vergader om my grimmigheid oor hulle uit te stort, al die gloed van my toorn. Want die ganse aarde sal deur die vuur van my ywer verteer word!”

Hierdie woorde is waarlik ’n versekering dat Jehovah God ’n einde sal maak aan die misbruik van mag.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel