Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w86 9/15 bl. 3-4
  • Die waarskuwing wat veronagsaam is

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die waarskuwing wat veronagsaam is
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Soortgelyke materiaal
  • Is jy bewus van die tye waarin ons lewe?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
  • Akrobate van die bergkranse
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • Tarawera—Nieu-Seeland se vulkaniese ramp
    Ontwaak!—1992
  • Gletsers op die ewenaar
    Ontwaak!—2005
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
w86 9/15 bl. 3-4

Die waarskuwing wat veronagsaam is

OP 18 MEI 1980 het die berg St. Helens in die Verenigde State ’n stilte van 123 jaar verbreek. ’n Kragtige uitbarsting het toe nagenoeg 400 meter van die berg se kruin losgeskeur, sowat 600 vierkante kilometer pragtige landskap verwoes en meer as 60 mense gedood.

Die uitbarsting het nie sonder waarskuwing plaasgevind nie. Feitlik twee maande tevore het ’n groot aardbewing in die gebied voorgekom, en nog aardbewings het al hoe vinniger op mekaar gevolg. Op 27 Maart het die berg ’n kolom as en stoom uitgestoot wat 6,4 kilometer in die lug opgestyg het. Hoewel die berg teen April betreklik kalm geword het, het ’n merkbare bult aan die noordekant gevorm en het dit 1,5 meter per dag gegroei.

Vir die wetenskaplikes het hierdie tekens duidelik op ’n naderende uitbarsting gedui. Waarskuwings is gerig dat mense van die berg moes padgee. Maar talle het die waarskuwings veronagsaam.

Harry Truman, die eienaar van ’n huisie by Spirit-meer aan die voet van die berg, het geweier om daar weg te gaan. Hy het 50 jaar lank daar gewoon en kon nie glo dat sy geliefde berg die kalmte van sy omgewing sou versteur nie. Ander het om padversperrings op afgeleë plantasiepaadjies gery om te kampeer en die berg in die misleidend vreedsame woude dop te hou.

Toe die ontsaglike ontploffing plaasgevind het, is as en warm gasse teen ’n snelheid van 320 kilometer per uur uit die berg gespu! Miljoene dennebome is verwoes en agtelose mense het hulle lewens verloor. Party het met die oog teen die kamera gesterf. Twaalf meter kokende modder het Harry Truman en sy huisie begrawe.

Modderstrome het tot 80 kilometer per uur van die berg weggevloei. Toe ’n helikopterloods mense in die pad van ’n modderstroom gewaarsku het, het party geweier om op sy woorde ag te slaan. Hy het gesê: “Ek kon dit nie glo nie. Ek het vir hulle vertel wat kom en hulle het net gelag en vir my beduie om weg te gaan.” Kort daarna het hulle lag in paniek oorgeslaan.

Hierdie weiering om betroubare waarskuwings te glo, is nie buitengewoon nie, veral wanneer dit betrekking het op iets wat mense nog nooit self ervaar het nie. Hulle redeneer dat niks sal verander nie, want toestande is sedert die dae van hulle voorouers nog net dieselfde. So ’n gesindheid sal rampspoedig wees as dit jou ’n eertydse waarskuwing van ’n komende ramp laat ignoreer wat baie erger sal wees as die uitbarsting van die berg St. Helens. Wat is daardie ramp? En wat is jou gesindheid teenoor die waarskuwing? Sal jy dit ongelowig wegwys of is jy bereid om daarop ag te slaan en te lewe? Kyk in die volgende artikel wat dit is.

[Foto-erkenning op bladsy 3]

H. Armstrong Roberts

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel