’n Kind loof Jehovah
KINDERS het baie geleenthede om te getuig as hulle ’n sterk begeerte het om Jehovah te dien. Dit blyk uit die ondervinding van ’n vyfjarige seuntjie in westelike Kenia.—Prediker 12:1.
Sy moeder het hom gevra: “Wat wil jy word wanneer jy groot is?” Die seuntjie het ’n spesiale pionier in die gemeente opgemerk en het geantwoord: “Ek wil ’n spesiale pionier word soos broer F——.” Die moeder het geantwoord: “Maar dis nie moontlik nie; jy kan nie eers ’n gewone pionier wees nie, want jy het nie ’n Bybelstudie nie.” Die seuntjie het gevra: “Wat kan ek doen?” Sy moeder het hom aangeraai om sy maatjies met behulp van sy eksemplaar van My boek met Bybelverhale te leer.
Die vyfjarige seuntjie het sy Bybelverhale-boek geneem, sy vriende gaan besoek en hulle genooi om die Bybel saam met hom te bestudeer. Die gevolg?
Hy het ’n groepie van tien bymekaargebring met wie hy kon studeer. Hy het die prentjies goed gebruik, het talle deurdringende vrae gestel en aan die einde van die studie hersieningsvrae gevra. As hulle nie kon onthou nie, het hy die materiaal weer met hulle behandel. Die moeder het verduidelik dat dit werklik ’n genot is om te sien hoe al hierdie kinders op die grond voor haar huis sit en studeer! Haar vyfjarige seun stel die vrae, en dan steek almal die hand op om te antwoord.
Die moeder, sowel as die gemeente, was verder verheug toe agt van hierdie kinders gemeentelike vergaderinge bygewoon het. Die ander twee was nog te klein. Dit het alles gebeur omdat ’n vyfjarige Jehovah wou loof en ander wou help.