Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w89 1/15 bl. 30
  • Insig in die nuus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Insig in die nuus
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • “Nie deur aanskouing nie”
  • Verkeerde denke
  • Die grootste behoefte
  • Is die Lykkleed van Turyn Jesus se grafdoek?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Die lykkleed van Turyn—Jesus se grafdoek?
    Ontwaak!—1998
  • Is Christelike eenheid moontlik?
    Ontwaak!—1991
  • Die kerk—veranderinge en verwarring
    Ontwaak!—1993
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
w89 1/15 bl. 30

Insig in die nuus

“Nie deur aanskouing nie”

Onlangse wetenskaplike toetse het bevestig dat die Lykkleed van Turyn ’n 14de-eeuse bedrogstuk is. Nogtans “is Katolieke aangespoor om voort te gaan met hulle verering van die lykkleed as ’n afbeelding van Christus wat steeds wonderwerke kan verrig”, berig The New York Times. Anastasio Ballestrero, die aartsbiskop van Turyn, het gesê: “Die buitengewone evokatiewe krag van die beeld van Jesus Christus moet bewaar word.”

Wat beteken dit? Dit beteken dat hoewel die kerk erken het dat die verbleikte figuur van’n man se liggaam op die lykkleed nie die van Jesus Christus is nie, getroue Katolieke dit nietemin steeds moet beskou asof dit die Christus en dus iets heiligs is. Waarom? Volgens Adam Otterbein, ’n Rooms-Katolieke priester wat die hoof van die Heilige Lykkleedvereniging is, kan relieke soos die lykkleed gelowiges help om eer te bewys aan die wese wat deur die beeld voorgestel word.

Dit is nie verbasend dat die lykkleed, ten spyte van sy onegtheid, ’n kragtige simbool van geloof vir die Katolieke Kerk sal bly nie. “Beelde, skilderye en ikone . . . word ’n geëerde plek in die Katolieke godsdiens gegee”, sê The New York Times.

Steun die Bybel die gebruik van sulke beelde vir aanbidding? Nee! God se Woord sê onomwonde: “Vlug vir die afgodediens.” (1 Korinthiërs 10:14; vergelyk Exodus 20:4-6.) Christene word gemaan om God “in gees en waarheid” te aanbid, nie met behulp van die een of ander beeld of reliek nie (Johannes 4:24). Paulus het gepas geskryf dat ware Christene “wandel deur geloof en nie deur aanskouing nie”.—2 Korinthiërs 5:7.

Verkeerde denke

Ooreenkomstig die onmiskenbare neiging onder godsdiensaanhangers om Bybelse standaarde al slapper toe te pas, “voer al hoe meer Amerikaanse teoloë aan dat Christenkerke ’n seksuele revolusie nodig het”, berig die Star Tribune. Hierdie koerant van Minnesota meld die sienings van hooggeplaastes soos John Spong, die biskop van Newark vir die Episkopaalse Kerk van Amerika, en James Nelson, ’n deskundige op seksuele etiek aan die Verenigde Teologiese Kweekskool in New Brighton. Die koerant beweer dat hierdie en ander teoloë meen kerke behoort “homoseksuele pare in kerkseremonies te seën en erkenning te verleen aan hulle wedersydse verbintenis in ’n liefdevolle, sedelike verhouding; . . . jong, verloofde volwassenes die kerk se seën te gee as hulle in liefdevolle, hegte verhoudings lewe, al is hulle nie getroud nie”; en “hulle goedkeuring te gee wanneer ryp volwassenes op verantwoordelike maniere seksueel bedrywig is, al is hulle nie met mekaar getroud nie”. Waarom meen hierdie teoloë dat sulke veranderinge nodig is? Spong beweer dat “ons promiskue leefwyses goedkeur” as sulke verhoudings nie geseën word nie.

Wat Spong en ander egter buite rekening laat, is dat dit juis die kerk se seën op sulke verhoudings is wat sy goedkeuring van sulke “promiskue leefwyses” beteken. God se Woord draai nie doekies om nie. “Geen hoereerders . . . of egbrekers . . . of sodomiete . . . sal die koninkryk van God beërwe nie.” Navolgers van Christus word nie net beveel om “nie om te gaan” met sulke mense nie, maar word ook aangesê om “dié slegte mens” onder hulle uit te “verwyder”.—1 Korinthiërs 6:9-11; 5:11, 13.

Die grootste behoefte

Die statistiekverslag van Brittanje se Federale Raad van Vrye Kerke het vanjaar getoon dat sy 15 geaffilieerde denominasies ’n verdere daling ondervind het. Die Church Times, ’n koerant van die Anglikaanse Kerk, berig dat die ledetal vir die eerste keer tot onder die eenmiljoen gedaal het. Die rede? Hoewel die kerke sê dat hulle hul verbind het tot “die oorgrote meerderheid . . . vir wie verlossing die grootste behoefte is”, merk die artikel op dat “die Vrye Kerke steeds te veel tyd en energie aan . . . gesellighede gewy het”. Volgens die Church Times “is die rede vir die Kerke se agteruitgang nie omdat hulle jaarlikse basaars misluk of hulle dramavereniging se produksies nie ondersteun word nie: dit is omdat hulle hulle bediening van verlossing nie ernstig genoeg opgeneem het nie”.

Godsdiensleiers van Jesus se dag het hulle bediening ook nie ernstig opgeneem nie. Jesus het hulle tereg gekritiseer omdat hulle “die woord van God kragteloos” gemaak het deur hulle tradisies. Hy het gesê dat hulle huigelaars is wat ‘God met hulle lippe eer hoewel hulle harte ver van hom of is’.—Markus 7:6, 7, 13.

Maar ware bedienaars van Jehovah God is toegewyd aan “die bediening van die woord”. Hulle neem Jesus se gebod om ‘dissipels te maak’ ernstig op, en hulle volg die voorbeeld van die apostels, wat ‘nie opgehou het om te leer en die evangelie oor die Christus te verkondig nie’. Hierdie werk is van die allergrootste belang vir ware Christene.—Handelinge 6:4; Mattheüs 28:19; Handelinge 5:42, vgl. NW.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel