Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w89 7/15 bl. 30
  • Vrae van lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae van lesers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Soortgelyke materiaal
  • Loterye—Waarom so gewild?
    Ontwaak!—1991
  • Loterye—Wie wen? Wie verloor?
    Ontwaak!—1991
  • Loterykoors—die wêreld se dobbelspel
    Ontwaak!—1991
  • Dobbelary—Iets wat mense regoor die wêreld fassineer
    Ontwaak!—2002
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
w89 7/15 bl. 30

Vrae van lesers

◼ Is dit gepas vir ’n Christen om loterykaartjies as blote vermaak te koop as die opbrengs na ’n liefdadigheidsorganisasie gaan?

Die Bybel raai beslis nie gepaste vermaak af nie, want Jehovah is “die gelukkige God” (1 Timotheüs 1:11, NW). Sy volk kan musiek, beskeie danse, die matige gebruik van kos of drank en gebalanseerde sport en speletjies geniet (Psalm 150:4; Prediker 2:24, vgl. NW). Maar dobbelary is onteenseglik strydig met God se wyse raad, en dit geld ook vir deelname aan loterye.

Wat is ’n lotery presies? Dit behels dat ’n mens kaartjies koop sodat jy ’n kans het om pryse te wen. Wenners word bepaal deur loting of die een of ander willekeurige manier waarop ’n nommer gekies word.a Daar is dikwels een groot prys, wat miskien miljoene rande, dollars of ponde beloop. Die aanloklikheid van so ’n enorme prys is so groot dat loterye “die wyds verspreide vorm van dobbelary” geword het (The World Book Encyclopedia). Honderdmiljoene mense dobbel deur middel van loterye.

Sommige mense het geredeneer dat betrokkenheid by ’n lotery nie verkeerd of sleg is nie omdat ’n kaartjie (kans) dalk min kos, omdat diegene wat daaraan deelneem dit gewilliglik doen en omdat ’n deel van die opbrengs dalk vir liefdadigheid gebruik word, soos om die armes te help. Hoe geldig is so ’n redenasie?

Hoewel sommige beweer dat dit eenvoudige, goedkoop vermaak is om ’n loterykaartjie te koop, kan ’n mens nie ontken dat gierigheid ’n faktor is nie. Mense koop loterykaartjies in die hoop dat hulle baie geld gaan wen. Dit is beslis strydig met goddelike raad teen gierigheid, wat so ’n ernstige ondeug kan wees dat dit kan verhinder dat iemand ‘die koninkryk van God beërwe’. As ’n Christen herhaaldelik gierigheid openbaar deur te dobbel, kan hy dus uit die gemeente gesit word (1 Korinthiërs 5:11; 6:10). Die Bybel sê: “’n Erfenis word aanvanklik deur hebsug verkry, maar die toekoms daarvan sal nie geseën word nie” (Spreuke 20:21, NW). As ’n Christen enige begeerte voel om ‘’n kans te waag’ in ’n lotery, moet hy ernstig dink aan die hebsug waarop die lotery gebaseer is. Efesiërs 5:3 sê dat ‘hebsug selfs nie onder ons genoem moet word nie’, laat staan nog dat ’n Christen daarvoor swig.

Die meeste loteryspelers word gewoonlik in arm gemeenskappe gevind. Al kos ’n kaartjie dus min, word geld gebruik wat vir dringende gesinsbehoeftes gebruik behoort te word—meer kos, genoeg klere, beter mediese sorg. Iemand wat verklaar dat hy ’n Christen is, maar sulke gesinsbehoeftes verwaarloos, “is slegter as ’n ongelowige”.—1 Timotheüs 5:8.

Selfs as die koste van ’n loterykaartjie nie iemand se persoonlike of gesinsfinansies aansienlik gaan benadeel nie, beteken dit nie dat ander nie benadeel word nie. Waarom nie? Omdat feitlik elkeen wat ’n loterykaartjie koop graag wil wen. Waar sal sy prysgeld vandaan kom? As sy kaartjie tien rand kos en die prys ’n miljoen rand is, beteken dit dat hy die kaartjiegeld van honderdduisend ander mense neem. Strook dit met God se raad dat ons nie ander se kosbaarhede moet begeer nie? (Deuteronomium 5:21). Trouens, sy prys sal geld insluit wat van baie meer mense geneem is, want baie meer as honderdduisend kaartjies sal verkoop moet word. ’n Aansienlike som kaartjiegeld moet administratiewe koste dek, en ’n deel moet ook vir die liefdadigheidsdoel gaan wat as die rede vir die lotery aangegee is. Selfs al kan iemand dus die tien rand vir sy eie kaartjie bekostig, wat van die vele ander wat dit nie kan bekostig nie? Bowendien sal daar waarskynlik publisiteit gegee word aan die feit dat hy gewen het, wat talle sal beweeg om aan die lotery deel te neem of meer kaartjies te koop, selfs as hulle dit nie kan bekostig nie.

Dit kan ook nie ontken word dat die droom om geld te wen sonder om daarvoor te werk ook met die lotery gepaard gaan nie. Ja, die lotery bevorder luiheid, of laat dit aanloklik lyk. Die Bybel spoor God se volk egter aan om spaarsaam, vlytig en hardwerkend te wees. Pleks van ’n gees van ‘kry iets vir niks’ te bevorder, raai dit aan: “As iemand nie wil werk nie, moet hy ook nie eet nie.”—2 Thessalonicense 3:10; Spreuke 13:4; 20:4; 21:25; 1 Thessalonicense 4:9-12.

Die feit dat ander uit vrye wil aan ’n lotery deelneem en dat dit wettig is, maak dit nie vir Christene reg om daarby betrokke te wees nie. Sommige regerings wettig ander vorme van dobbelary, sowel as prostitusie en poligamie. Hoewel sulke dinge dalk wettig is en talle mense uit vrye wil daarby betrokke is, beteken dit nie dat sulke bedrywighede in God se oë reg is nie. Christene streef eerder daarna om Dawid se beskouing te weerspieël: “HERE, maak my u weë bekend; leer my u paaie. Lei my in u waarheid en leer my, want U is die God van my heil.”—Psalm 25:4, 5.

As ’n Christen die armes, gestremdes of bejaardes opreg wil help, kan hy dit sekerlik regstreeks doen of op ’n wyse wat nie dobbelary behels nie.

[Voetnoot]

a Hoewel dit alom bekend staan as ’n lotery, kan hierdie soort dobbelary ook ’n ‘poel’, boerpot, “sweepstakes”, of iets dergeliks genoem word.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel