Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w92 12/1 bl. 31
  • Geestelike bevryding in Colombia

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Geestelike bevryding in Colombia
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • Soortgelyke materiaal
  • “Julle móét dit eenvoudig doen”
    Ontwaak!—1991
  • Jehovah se Getuies in alle wêrelddele—Colombia
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Bevryding—Hoe begeerlik!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Wat beteken godsdiensvryheid vir jou?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
w92 12/1 bl. 31

Koninkryksverkondigers berig

Geestelike bevryding in Colombia

SEDERT die tyd van die Spaanse veroweraars het Katolisisme Suid-Amerika in ’n godsdienswurggreep. In Colombia is dit al lank die staatsgodsdiens. Die Vatikaan het die afgelope 105 jaar ’n konkordaat met die Colombiaanse regering gehad wat die kerk beskerm het en spesiale voorregte daaraan verleen het wat onderwys en huwelike betref.

In Desember 1990 het die Colombiaanse volk ’n kommissie verkies om ’n nuwe grondwet op te stel wat teen die middel van 1991 voltooi is. Die nuwe grondwet verander die godsdienssituasie in Colombia. Alle godsdienste besit nou gelyke regte wat die wet betref, en godsdiensonderrig kan nie in openbare skole op kinders afgedwing word nie. Die konkordaat met die Vatikaan sal hersien moet word met hierdie grondwetlike veranderinge in gedagte.

Hierdie groter godsdiensvryheid sal die invloed van die Katolieke Kerk verminder en dit vir opregtes van hart makliker maak om Bybelkennis op te doen en geestelike vryheid te verkry.

In afwagting van hierdie geestelike bevryding het die 51 000 Getuies van Jehovah in die land voorbereidsels getref om na die geestelike vlugtelinge om te sien. Hulle nuwe takkantoorkompleks met sy uitgebreide fasiliteite, wat ’n hoëspoed-rubberdrukpers insluit waarop in volkleur gedruk kan word, is byna voltooi. Tydelike spesiale pioniers is na die kleiner dorpies gestuur op soek na Jehovah se verlore skape, en hulle het ’n uitstekende Bybelonderrigtingswerk gedoen. In 63 dorpies, waarvan elk ongeveer 10 000 inwoners het, is 47 nuwe gemeentes en groepe gevorm.

Namate Jehovah se gees voortgaan om opregtes van hart te beweeg, reageer baie jongmense ook daarop. Die publikasie Vrae wat jongmense vra—antwoorde wat werk is ’n hulpmiddel van onskatbare waarde vir sulke jongmense asook hulle ouers. Terwyl ’n Getuie van huis tot huis gegaan het, het hy ’n man ontmoet wat dele van hierdie boek, wat ’n buurman vir hom geleen het, gelees het. Hy was baie beïndruk deur die praktiese wysheid wat in die boek aan die dag gelê is in die bespreking van gesinsprobleme. Hoofstuk 4, “Waarom is Pa en Ma uitmekaar?” het hom veral beïndruk aangesien hy en sy vrou op die punt gestaan het om te skei. Hy het gesê dat die boek hom van ’n baie groot tragedie gered het. Nou studeer hy en sy gesin die Bybel saam met Jehovah se Getuies, en hulle woon al die gemeentelike vergaderinge by. Hulle is baie dankbaar vir die praktiese wysheid wat Jehovah deur die Bybel en sy organisasie voorsien.

Hierdie ondervinding lig die geestelike bevryding toe wat in Colombia plaasvind namate Jehovah se Getuies diegene wat geestelik honger is, help om van Jehovah se wonderlike voornemens en sy nuwe wêreld, wat nou ophande is, te leer.—2 Petrus 3:13.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel