Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w93 8/1 bl. 9
  • ’n Jong treinentoesias leer die waarheid

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Jong treinentoesias leer die waarheid
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n “Ysterband” van see tot see
    Ontwaak!—2010
  • ’n Trein met “tande”
    Ontwaak!—1994
  • Oos-afrika se “gekke spoorlyn”
    Ontwaak!—1998
  • Die Indiese spoorwegstelsel—’n Reus wat ’n nasie bedien
    Ontwaak!—2002
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
w93 8/1 bl. 9

Koninkryksverkondigers berig

’n Jong treinentoesias leer die waarheid

AS IEMAND se hart na regverdigheid neig, sal Jehovah God, deur Christus Jesus en die hemelse engele, toesien dat so ’n skaapgeaarde persoon uiteindelik met die goeie nuus van die Koninkryk in aanraking kom. Daardie persoon kan hom mettertyd aan Jesus se regterhand van guns skaar (Mattheüs 25:31-33). Dit was die geval met ’n jong treinentoesias in Oostenryk wat op ’n unieke manier met die waarheid kennis gemaak het.

Die opwindendste deel van hierdie jong man se stokperdjie was om, met die toestemming van die spoorwegadministrasie, saam te ry in die kap van die lokomotiewe. Hy het elke rit op sy videokamera opgeneem sodat hy tuis weer daarna kon kyk. Op ’n reis wat hy van Wenen na Salzburg onderneem het, was die masjinis een van Jehovah se Getuies. Hy het die geleentheid gebruik om met die treinentoesias oor die Koninkryk te praat. Die jong man was aanvanklik verbaas om te hoor dat die masjinis oor God en die Bybel praat, maar gedurende die reis het hy meer in die natuurskoon belanggestel as in dit wat die masjinis vir hom gesê het.

Terug by die huis het die jong entoesias nie een keer nie, maar tien keer na sy video-opname gekyk, aangesien hy baie in hierdie rit belanggestel het. Omdat hy ook die klank opgeneem het, het hy weer en weer gehoor wat die Getuie vir hom vertel het. Hoe meer hy na die video gekyk het, hoe meer het hy vertroud geraak met wat daar vir hom vertel is. Hy het nou daaroor begin dink, en uiteindelik het hy entoesiasties begin raak oor die wonderlike inligting wat uit die Bybel aan hom oorgedra is. Hy wou meer weet.

Hy het die masjinis se naam onthou en geweet dat hy êrens in Wenen woon. Daarom het hy na die poskantoor toe gegaan en die een nommer na die ander onder daardie naam in die telefoongids begin skakel. Sy vraag aan diegene wat die telefoon beantwoord het, was: “Is u ’n treinmasjinis?” As die antwoord nee was, het hy ’n ander nommer geskakel. Uiteindelik het hy die masjinis opgespoor. Hy het hom sy verhaal vertel en dat hy belangstel in die Bybelboodskap wat hy op die video-opname gehoor het.

Die Getuie het deur die takkantoor reëlings getref dat iemand wat naby die jong man woon hom besoek. Heel toevallig was daar in die plaaslike gemeente ’n Getuie wat ook ’n masjinis was. Hierdie tweede masjinis het die treinentoesias besoek en ’n Bybelstudie is begin. In die somer van 1991 is die jong man gedoop.

Jehovah, wat alle harte deursoek, het gesien dat hierdie persoon ’n opregte liefde vir regverdigheid het. Hy het die jong man dus met Bybelwaarhede in aanraking laat kom—al was dit op ’n unieke manier.—1 Kronieke 28:9; Johannes 10:27.

[Foto-erkenning op bladsy 9]

Courtesy of the Austrian Railways

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel