Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w97 3/1 bl. 6-7
  • ’n Beter manier

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Beter manier
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Wêreld met gesonde waardes
  • Fundamentalisme wat is dit?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • ’N Regering wat Goddelike waardes sal handhaaf
    Ontwaak!—2003
  • Jehovah se Getuies
    Redenering uit die Skrif
  • Wat glo Jehovah se Getuies?
    Wat glo Jehovah se Getuies?
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
w97 3/1 bl. 6-7

’n Beter manier

JEHOVAH SE GETUIES is besorg oor die agteruitgang van geestelikheid in die wêreld en die onsedelikheid en godsdiensonsekerheid waarvan die samelewing deurtrek is. As gevolg hiervan word hulle soms fundamentaliste genoem. Maar is hulle? Nee. Hoewel hulle sterk godsdiensoortuigings het, is hulle nie fundamentaliste in die sin waarin die woord gewoonlik gebruik word nie. Hulle oefen nie druk op politieke leiers uit om ’n sekere beskouing te bevorder nie, en hulle gebruik nie betogings en geweld teen diegene met wie hulle verskil nie. Hulle het ’n beter manier gevind. Hulle volg hulle Leier, Jesus Christus, na.

Jehovah se Getuies is daarvan oortuig dat godsdienswaarheid bestaan, dat dit in die Bybel gevind word (Johannes 8:32; 17:17). Maar die Bybel leer Christene om goedhartig, goed, sagmoedig en redelik te wees—eienskappe wat geen plek laat vir fanatisme nie (Galasiërs 5:22, 23; Filippense 4:5). In die Bybelboek Jakobus word Christene aangespoor om “die wysheid van bo” aan te kweek wat beskryf word as “allereers kuis, dan vredeliewend, redelik, bereid om te gehoorsaam, vol barmhartigheid en goeie vrugte”. Jakobus het bygevoeg: “Die vrug van regverdigheid [word] onder vreedsame toestande gesaai vir diegene wat vrede maak.”—Jakobus 3:17, 18.

Jehovah se Getuies hou in gedagte dat Jesus baie besorg was oor waarheid. Hy het vir Pontius Pilatus gesê: “Hiervoor is ek gebore, en hiervoor het ek in die wêreld ingekom, om van die waarheid te getuig” (Johannes 18:37). Hoewel hy ’n onverskrokke voorstander van waarheid was, het hy nie probeer om sy opvattings aan ander op te dwing nie. Hy het eerder hulle verstand en hart probeer bereik. Hy het geweet dat sy hemelse Vader, ’n God “goed en reg”, sou besluit hoe en wanneer om valsheid en onregverdigheid uit te wis (Psalm 25:8). Hy het dus nie diegene wat met hom verskil het, probeer onderdruk nie. Inteendeel, dit was die ortodokse godsdiensleiers van Jesus se dag wat hom probeer onderdruk het.—Johannes 19:5, 6.

Jehovah se Getuies het ’n sterk oortuiging oor geloofsleringe, en hulle openbaar gesonde sedelike waardes. Soos die apostel Paulus is hulle daarvan oortuig dat daar net “een Here, een geloof, een doop” is (Efesiërs 4:5). Hulle is ook bewus van Jesus se woorde: “Nou is die poort en smal is die pad wat na die lewe lei, en dié wat dit vind, is min” (Matteus 7:13, 14). Hulle probeer ander nietemin nie dwing om hulle opvattings te volg nie. Hulle volg Paulus eerder na en “smeek” almal wat wil om ‘met God versoen te raak’ (2 Korintiërs 5:20). Dit is die beter manier. Dit is God se manier.

Godsdiensfundamentalisme, soos die woord vandag gebruik word, verskil grootliks hiervan. Fundamentaliste gebruik baie strategieë—met inbegrip van geweld—om hulle beginsels aan die samelewing op te dwing. Sodoende word hulle ’n onafskeibare deel van die politieke stelsel. Maar Jesus het gesê dat sy volgelinge “geen deel van die wêreld” moet wees nie (Johannes 15:19; 17:16; Jakobus 4:4). In ooreenstemming met daardie woorde handhaaf Jehovah se Getuies streng neutraliteit in politieke geskille. En, soos die Italiaanse koerant Fuoripagina erken het, “dwing hulle niks aan enigiemand op nie; dit staan almal vry om wat hulle sê te aanvaar of te verwerp”. Die gevolg? Die vreedsame Bybelboodskap van die Getuies trek allerlei mense aan, selfs diegene wat voorheen fundamentaliste was.—Jesaja 2:2, 3.

’n Wêreld met gesonde waardes

Die Getuies besef dat mense nie die probleme kan oplos wat fundamentaliste kwel nie. Jy kan niemand dwing om in God te glo of om jou persoonlike opvattings te aanvaar nie. Omdat mense gedink het dat so iets moontlik is, het dit gelei tot van die ergste gruweldade in die geskiedenis, soos die Kruistogte, die Middeleeuse inkwisisies en die “bekering” van die Amerikaanse Indiane. Maar as ’n mens op God vertrou, sal jy bereid wees om sake aan hom oor te laat.

Volgens die Bybel het God ’n perk gestel aan die tyd wat hy mense toelaat om sy wette te verbreek en sodoende pyn en lyding te veroorsaak. Daardie tyd is amper verstreke. Jesus heers reeds as Koning in God se hemelse Koninkryk, en daardie Koninkryk sal binnekort optree om menseregerings uit die weg te ruim en die daaglikse bestuur van die mensdom oor te neem (Matteus 24:3-14; Openbaring 11:15, 18). Dit sal ’n wêreldwye paradys tot gevolg hê waarin vrede en regverdigheid sal heers. In daardie tyd sal daar geen onsekerheid wees oor hoe die ware God aanbid moet word nie. “Die regverdiges sal die aarde besit en vir ewig daarop woon” (Psalm 37:29). Ewigdurende waardes soos liefderyke goedhartigheid, waarheid, geregtigheid en goedheid sal tot voordeel van die hele gehoorsame mensdom seëvier.

In afwagting van daardie tyd het die psalmis in digterlike taal gesê: “Goedertierenheid en trou ontmoet mekaar; geregtigheid en vrede kus mekaar. Trou spruit uit die aarde, en geregtigheid kyk uit die hemel neer. Ook gee die HERE die goeie, en ons land lewer sy opbrings. Geregtigheid gaan voor Hom uit, en dit let op die weg van sy voetstappe.”—Psalm 85:11-14.

Hoewel ons nie die wêreld kan verander nie, kan ons as individue selfs vandag godvrugtige waardes aankweek. Ons kan dus die soort mense probeer wees wat God as sy aanbidders in daardie nuwe wêreld sal wil hê. Ons sal dan onder die ootmoediges wees na wie die psalmis verwys het: “Die ootmoediges . . . sal die aarde besit en hulle verlustig oor groot vrede” (Psalm 37:11). God ondersteun en seën diegene wat sy wil doen, en hy belowe wonderlike dinge vir hulle toekoms. Die apostel Johannes het gesê: “Die wêreld gaan verby en so ook sy begeerte, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig.”—1 Johannes 2:17.

[Prent op bladsy 7]

Jehovah se Getuies nooi almal om vertroud te raak met die goeie nuus van God se Koninkryk

[Foto-erkenning op bladsy 6]

Lamp op bladsye 3, 4, 5 en 6: Printers Ornaments/by Carol Belanger Grafton/Dover Publications, Inc.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel