Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w00 11/1 bl. 3-4
  • Die verval van sedelike waardes

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die verval van sedelike waardes
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Is die Bybel se sedes toepaslik?
  • Is die Bybel se sedes die beste?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
  • Veranderende norme met die verloop van die geskiedenis
    Ontwaak!—1990
  • Die volmaakte sedelike rigsnoer
    Ontwaak!—1993
  • Waarop stuur sedes af?
    Ontwaak!—1993
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
w00 11/1 bl. 3-4

Die verval van sedelike waardes

“SO IETS het nooit voorheen gebeur nie”, het Helmut Schmidt, die voormalige kanselier van Duitsland, gesê. Hy het die onlangse gevalle van skreiende oneerlikheid deur staatsamptenare wat groot opslae in die nuus gemaak het, betreur. “Sedelike standaarde is verlore weens gierigheid”, het hy gesê.

Baie sal met hom saamstem. Sedelike waardes wat op God se Woord, die Bybel, gegrond is en wat al lank algemeen aanvaar word as ’n gids vir wat reg en verkeerd is, word geïgnoreer. Dit is selfs die geval in sogenaamd Christelike lande.

Is die Bybel se sedes toepaslik?

Sedes wat op Bybelleringe gegrond is, sluit eerlikheid en onkreukbaarheid in. En tog is kullery, korrupsie en bedrog algemeen. The Times van Londen berig dat sommige speurders “na bewering tot £100 000 [R1 000 000] op ’n slag in hulle sak steek deur dwelms waarop beslag gelê is aan misdadigers terug te gee of deur getuienis teen vername figure in die boewewêreld te laat verdwyn”. In Oostenryk is versekeringsbedrog glo iets wat aan die orde van die dag is. En in Duitsland was die wetenskaplike gemeenskap geskok toe navorsers onlangs “een van die laakbaarste gevalle van bedrog in Duitse wetenskap” ontdek het. ’n Professor, wat ’n “ster onder Duitse genetici” is, is daarvan beskuldig dat hy inligting op groot skaal vervals of versin het.

Sedes wat op die Bybel gegrond is, sluit ook getrouheid in die huwelik in, wat bedoel is om ’n permanente verbintenis te wees. Maar al hoe meer egpare beland in die skeihof. Die Katolieke koerant Christ in der Gegenwart (Die hedendaagse Christen) berig dat “al hoe meer huwelike selfs in ‘konserwatiewe’ Switserland verbrokkel”. In Nederland loop 33 persent van alle huwelike op ’n egskeiding uit. ’n Vrou wat die maatskaplike veranderinge in Duitsland die afgelope paar jaar waargeneem het, het haar kommer so uitgedruk: “Die huwelik word nou as oudmodies en verouderd beskou. Mense trou nie meer met ’n lewenslange maat nie.”

Daarenteen beskou miljoene die sedelike standaarde wat in die Bybel geleer word as betroubaar en toepaslik vir lewe in ons moderne wêreld. ’n Egpaar wat op die grens tussen Switserland en Duitsland woon, het gevind dat dit hulle gelukkiger maak om volgens die Bybel se sedes te lewe. Wat hulle betref, “is daar net een gids vir alle aspekte van die lewe. Daardie gids is die Bybel.”

Wat dink jy? Kan die Bybel as ’n betroubare gids dien? Is die Bybel se sedes vandag prakties?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel