Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w04 4/1 bl. 8
  • Mense word by hulle werksplek bereik

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Mense word by hulle werksplek bereik
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • Soortgelyke materiaal
  • Verkondig die goeie nuus oral
    Ons Koninkryksbediening—1996
  • Hoe om in sakegebied te getuig
    Ons Koninkryksbediening—2004
  • Getuieniswerk in sakegebiede op die Japannese manier
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Toon waardering vir die twee grootste liefdeblyke
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
w04 4/1 bl. 8

Koninkryksverkondigers berig

Mense word by hulle werksplek bereik

WAT het die apostels Matteus, Petrus, Andreas, Jakobus en Johannes in gemeen gehad? Hulle is almal deur Jesus geroep terwyl hulle by hulle werksplek was. Petrus, Andreas, Jakobus en Johannes was besig met hulle take as vissermanne toe Jesus hulle genooi het: “Kom agter my aan.” Matteus was by die belastingkantoor toe hy genooi is om Jesus se dissipel te word.—Matteus 4:18-21; 9:9.

Dit kan lonend wees om vir mense by hulle werksplek te getuig. Daarom het Jehovah se Getuies in Japan onlangs ’n daadwerklike poging aangewend om aan hierdie aspek van die bediening deel te neem. Met watter resultate? Binne ’n paar maande is duisende herbesoeke gedoen en sowat 250 Bybelstudies begin. Kom ons kyk na ’n paar ondervindinge.

’n Voltydse bedienaar in Tokio het ’n restaurantbestuurder ontmoet wat sowat 30 jaar gelede as ’n skoolseun met ’n Getuie gepraat het. Hoewel die bestuurder nie veel verstaan het van wat destyds vir hom gesê is nie, het hy wel in die Bybel begin belangstel. Noudat sy belangstelling opnuut aangewakker is, het hy geredelik ’n Bybelstudie aanvaar uit die boek Kennis wat tot die ewige lewe lei.a Boonop het hy met ’n persoonlike Bybelleesprogram begin en lees hy nou sy Bybel elke aand voordat hy bed toe gaan.

’n Spesiale pionierbedienaar het ’n kantoor besoek. Hoewel die bestuurder nie beskikbaar was nie, het die jong vrou wat die bestuurder se telefoon beantwoord het, gevra: “Kan ék jou dalk help?” Ná ’n kort gesprek oor die telefoon het die vrou uitgekom en gesê dat sy daarin belangstel om die Bybel te lees. Die spesiale pionier het gereël om vir haar ’n Bybel te bring en het ’n Bybelstudie met haar begin, wat hulle vroeg in die oggend voor werk in ’n nabygeleë park hou.

By ’n ander kantoor het ’n man gesien hoe een van sy medewerkers Die Wagtoring en Ontwaak! neem, maar dit vinnig weggooi nadat die Getuie daar weg is. Toe die man by die huis kom, het hy vir sy vrou, wat ’n Getuie is, van die voorval vertel en gesê dat hy ten minste ’n bietjie sou geluister het. Sy dogter het dit gehoor en vir ’n Getuie wat daardie sakegebied werk, daarvan vertel. Die Getuie het die man kort daarna by die kantoor gaan besoek en ’n Bybelstudie met hom begin. Die man het weldra die Sondagvergaderinge gereeld begin bywoon.

Om vir mense by hulle werksplek te getuig, het ander voordele meegebring. Baie verkondigers in Japan het bedrewe daarin geword om herbesoeke by winkels, fabrieke en kantore te doen. Hierdie aspek van die getuieniswerk het verkondigers ook in aanraking gebring met baie wat onbedrywig geword het, en studies is met hulle begin. Die resultate is uitstekend. Een gemeente in die sentrale deel van Tokio het 108 tuisbybelstudies gerapporteer, meer as dubbel die aantal wat die vorige jaar gerapporteer is.

[Voetnoot]

a Uitgegee deur Jehovah se Getuies.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel