Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w04 11/1 bl. 3-4
  • Die soeke na goeie leierskap

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die soeke na goeie leierskap
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • “Ons moet maar tevrede wees”—Of moet ons?
  • Wandel met vertroue in Jehovah se leiding
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Wie is die regte leier vir vandag?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • Goeie leierskap—Waar kan ons dit vind?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2002
  • Watter leier sal jy kies? – Wat sê die Bybel?
    Nog onderwerpe
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
w04 11/1 bl. 3-4

Die soeke na goeie leierskap

“Gaan weg, sê ek, ons is klaar met jou. In godsnaam, loop!”—Oliver Cromwell; aangehaal deur Leopold Amery, ’n lid van die Britse parlement.

Die Tweede Wêreldoorlog het reeds agt maande lank gewoed, en sake het nie goed gelyk vir Brittanje en sy bondgenote nie. Volgens Leopold Amery en ander in die regering was ’n verandering in leierskap nodig. Daarom het mnr. Amery die woorde hierbo op 7 Mei 1940 in die Laerhuis vir die eerste minister, Neville Chamberlain, aangehaal. Drie dae later het mnr. Chamberlain bedank, en Winston Churchill het sy plek ingeneem.

LEIERSKAP is ’n basiese behoefte van die mensdom, maar nie sommer enige leier is goed genoeg nie. Selfs in ’n gesin moet die vader opgewasse wees vir die taak om die leiding te neem as hy wil hê dat sy vrou en kinders gelukkig moet wees. Stel jou dan net voor wat van ’n nasionale of wêreldleier verwag word! Dit is dus geen wonder dat dit baie moeilik is om goeie leiers te vind nie.

Gevolglik was daar oor duisende jare heen al tallose kronings, revolusies, staatsgrepe, aanstellings, verkiesings, sluipmoorde en bewindsveranderings. Konings, eerste ministers, vorste, presidente, sekretarisse-generaal en diktators was die een dag nog aan bewind en die volgende dag nie meer nie. Onverwagse veranderinge het selfs magtige heersers onttroon. (Sien die venster “Skielik nie meer aan bewind nie”, op bladsy 5.) Tog het bekwame en blywende leierskap die mens voortdurend ontwyk.

“Ons moet maar tevrede wees”—Of moet ons?

Dit is dus geen wonder nie dat baie mense alle hoop laat vaar het om goeie leierskap te vind. In party lande is die mense se gevoel van onverskilligheid en wanhoop veral tydens verkiesings duidelik. Geoff Hill, ’n joernalis in Afrika, het geskryf: “Onverskilligheid of onthouding [van stemmery] is aan die orde van die dag wanneer mense voel dat hulle magteloos is om die ellende in hulle lewe te verander. . . . In Afrika beteken dit nie noodwendig dat mense tevrede is wanneer hulle nie stem nie. Dit is meer dikwels ’n hulpkreet van diegene wat meen dat niemand luister nie.” ’n Koerantrubriekskrywer in die Verenigde State het eweneens oor ’n naderende verkiesing geskryf: “Ek wens daar was ’n volmaakte kandidaat.” Hy het bygevoeg: “Daar is nie so iemand nie. Daar is nooit nie. Ons moet maar tevrede wees.”

Het die mensdom werklik geen ander keuse as om ‘maar tevrede te wees’ met onvolmaakte leiers nie? Bewys die feit dat menseleiers nie in die behoeftes van hulle onderdane kon voorsien nie, dat ons nooit goeie leierskap sal hê nie? Nee. Die voortreflikste leierskap is beskikbaar. Die volgende artikel sal bespreek wie die ideale leier vir die mensdom is en hoe sy diens miljoene mense uit alle agtergronde tot voordeel kan strek—en dit sluit jou in.

[Prente op bladsy 3]

Links bo: Neville Chamberlain

Regs bo: Leopold Amery

Onder: Winston Churchill

[Erkennings]

Chamberlain: Photo by Jimmy Sime/Central Press/Getty Images; Amery: Photo by Kurt Hutton/Picture Post/Getty Images; Churchill: The Trustees of the Imperial War Museum (MH 26392)

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel