Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w04 12/1 bl. 31
  • Vrae van lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae van lesers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • Soortgelyke materiaal
  • Wie was Maria Magdalena?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • “Ek het die Here gesien!”
    Volg hulle geloof na
  • In ’n geslote kamer
    My boek met Bybelverhale
  • ’n Leë graf – want Jesus lewe!
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
w04 12/1 bl. 31

Vrae van lesers

Waarom het die verrese Jesus Tomas genooi om aan hom te raak, terwyl hy Maria Magdalena vroeër gekeer het om dit te doen?

Party ouer Bybelvertalings gee die indruk dat Jesus vir Maria Magdalena gesê het om nie aan hom te raak nie. Die Bybel, 1953, gee Jesus se woorde byvoorbeeld soos volg weer: “Raak My nie aan nie, want Ek het nog nie opgevaar na my Vader nie” (Johannes 20:17). Maar die oorspronklike Griekse werkwoord, wat gewoonlik met “aanraak” vertaal word, beteken ook “vasklou, vashou, vasgryp, hanteer”. Jesus het redelikerwyse nie beswaar gemaak omdat Maria Magdalena bloot aan hom geraak het nie, aangesien hy ander vroue wat by die graf was, toegelaat het om ‘hom aan sy voete te gryp’.—Matteus 28:9.

Talle moderne vertalings, soos die Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif, The New Jerusalem Bible en Die Bybel, 1983, help ons om die ware betekenis van Jesus se woorde te verstaan deur dit onder andere só te vertaal: “Hou op om aan my vas te klou.” Waarom sou Jesus dit vir Maria Magdalena gesê het, met wie hy goed bevriend was?—Lukas 8:1-3.

Blykbaar was Maria Magdalena bang dat Jesus daar en dan sou weggaan en na die hemel sou opvaar. Weens haar sterk begeerte om by haar Here te wees, het sy aan Jesus vasgehou en hom nie laat gaan nie. Om haar te verseker dat hy nog nie weggaan nie, het Jesus vir Maria gesê om op te hou om aan hom vas te klou en eerder die nuus van sy opstanding vir sy dissipels te gaan vertel.—Johannes 20:17.

Die gesprek tussen Jesus en Tomas was anders. Toe Jesus aan party van die dissipels verskyn het, was Tomas nie daar nie. Later het Tomas twyfel uitgespreek oor Jesus se opstanding en gesê dat hy dit nie sou glo nie tensy hy Jesus se spykerwonde sien en sy hand in Jesus se sy met die spieswond steek. Agt dae later het Jesus weer aan die dissipels verskyn. Dié keer was Tomas daar, en Jesus het hom genooi om aan die wonde te raak.—Johannes 20:24-27.

In Maria Magdalena se geval het Jesus dus gereageer op ’n misplaaste begeerte om te keer dat hy weggaan; in Tomas se geval het Jesus iemand gehelp wat twyfelgedagtes gehad het. In albei gevalle het Jesus goeie redes vir sy optrede gehad.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel