Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w05 4/1 bl. 30-31
  • Die soeke na verdienstelikes in Australië se Agterveld

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die soeke na verdienstelikes in Australië se Agterveld
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Australiese inboorlinge—’n Unieke volk
    Ontwaak!—1994
  • ‘Ek sal dit vanaand by die kampvuur sit en lees’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • My liefde vir die aarde sal vir ewig bevredig word
    Ontwaak!—1998
  • Tasmanië—klein eiland, unieke verhaal
    Ontwaak!—1997
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
w05 4/1 bl. 30-31

Koninkryksverkondigers berig

Die soeke na verdienstelikes in Australië se Agterveld

’NUITGESTREKTE gebied in die binneland van Australië staan as die Agterveld bekend. Sommige dele van hierdie afgeleë gebied het 12 jaar lank nie ’n getuienis ontvang nie. Jehovah se Getuies in Darwin, die hoofstad van die Noordelike Gebied, het dus ’n intensiewe nege dae lange predikingskampanje gereël om na verdienstelikes te soek.—Matteus 10:11.

Daar is 12 maande voor die kampanje met sorgvuldige beplanning begin, wat ingesluit het dat kaarte gemaak is vir die gebied van meer as 800 000 vierkante kilometer—’n gebied drie keer so groot soos Nieu-Seeland. Om ’n idee te kry van hoe afgeleë hierdie uitgestrekte gebied is, moet ons in gedagte hou dat die gemiddelde oprit van ’n beesplaas van die voorhek tot by die huis meer as 30 kilometer lank is! Bowendien is sommige plase 300 kilometer of verder uitmekaar.

Altesaam 145 Getuievrywilligers het aan die kampanje deelgeneem. Sommige het selfs van Tasmanië af gekom. Party het opgedaag in vierwielaangedrewe voertuie vol kamptoerusting, onderdele en brandstof. Ander het hulle toerusting in sleepwaens vervoer. Daarbenewens is twee busse met 22 sitplekke elk gehuur om diegene te vervoer wat nie gepaste vierwielaangedrewe voertuie gehad het nie. Dié wat per bus gereis het, het hulle daarop toegespits om vir die inwoners van dorpies in die aangewese gebied te getuig.

Voor die kampanje het die broers toesprake en demonstrasies gereël om riglyne te voorsien oor hoe om die goeie nuus in hierdie ongewone gebied te verkondig. Byvoorbeeld, om met welslae in Aborigine-gemeenskappe te getuig, moet ’n mens gewoonlik ’n sekere gedragskode volg en van die gebruike van die Aborigines bewus wees. Omgewingsake is ook bespreek om die natuurlewe te help beskerm.

Die verkondigers het talle uitstekende ondervindinge gehad. Byvoorbeeld, in een Aborigine-nedersetting het die broers gereël om ’n openbare Bybeltoespraak te hou. Die hoofvrou in die gemeenskap het mense persoonlik daarvan gaan inlig. Vyf boeke en 41 brosjures is ná die toespraak versprei onder diegene wat dit bygewoon het. In ’n ander nedersetting het hulle ’n Aborigine ontmoet. Hy het selfs sy eie Bybel gehad, ’n King James Version, maar dit was oud en verslete. Toe hy gevra is of hy God se naam ken, het hy ja gesê en toe ’n ou nommer van Die Wagtoring uit sy baadjie gehaal. Hy het uit die tydskrif gelees en Markus 12:30 aangehaal, wat sê: “Jy moet Jehovah jou God liefhê met jou hele hart.” Hy het gesê: “Ek hou baie van daardie teks.” Ná ’n lang Bybelbespreking het hy ’n nuwe Bybel en ander Bybellektuur geneem.

Naby die Golf van Carpentaria het die voorman van ’n beesplaas van 400 000 hektaar belangstelling in die Koninkryksboodskap getoon. Toe hy die publikasies My boek met Bybelverhale en Kennis wat tot die ewige lewe leia gewys is, het hy gevra of daar enige lektuur in Kriol beskikbaar is. Dit was ongewoon, want hoewel baie Aborigines Kriol praat, kan min dit lees. Dit het later aan die lig gekom dat al 50 werkers op daardie plaas Kriol kon lees. Die voorman was verheug dat hy Bybellektuur in Kriol kon kry en het sy telefoonnommer gegee sodat die broers met hom in aanraking kon kom.

Gedurende die nege dae van intensiewe getuieniswerk is altesaam 120 Bybels, 770 boeke, 705 tydskrifte en 1 965 brosjures versprei. Daarbenewens is 720 herbesoeke gedoen en 215 Bybelstudies begin.

Ja, daar is uiteindelik voorsien in die geestelike behoefte van talle verdienstelikes wat oor hierdie uitgestrekte gebied versprei is.—Matteus 5:6.

[Voetnoot]

a Uitgegee deur Jehovah se Getuies.

[Kaart op bladsy 30]

(Sien publikasie vir oorspronklike teksuitleg)

AUSTRALIË

NOORDELIKE GEBIED

Darwin

Golf van Carpentaria

Sydney

TASMANIË

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel