Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w08 3/1 bl. 23
  • ’n Hersteller van die lewe

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Hersteller van die lewe
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Soortgelyke materiaal
  • “Dit kan nie waar wees nie!”
    Wanneer ’n geliefde sterf
  • Jesus wek ’n weduwee se seun op
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Jesus verdryf ’n weduwee se verdriet
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • Jesus verdryf ’n weduwee se verdriet
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
w08 3/1 bl. 23

Kom nader aan God

’n Hersteller van die lewe

Lukas 7:11-15

HET jy al ooit ’n geliefde aan die dood afgestaan? Indien wel, het jy een van die pynlikste ondervindinge in die lewe gehad. Ons Skepper verstaan jou droefheid. Wat meer is, hy kan die gevolge van die dood ongedaan maak. In die Bybel het hy vir ons ’n verslag van vorige opstandings gegee om te bewys dat hy nie net die Lewegewer is nie, maar ook die Hersteller van die lewe. Kom ons kyk na een van die opstandings wat hy sy Seun, Jesus Christus, die krag gegee het om te verrig. Die verslag van hierdie wonderwerk is opgeteken in Lukas 7:11-15.

Dit was die jaar 31 G.J. Jesus het na die Galilese stad Nain gereis (Vers 11). Dit was waarskynlik amper skemer toe hy by die buitewyke van die stad aangekom het. Die Bybel sê: “Toe hy naby die poort van die stad kom, kyk! toe word daar ’n dooie uitgedra, die enigste seun van sy moeder. Sy was boonop ’n weduwee. Daar was ook ’n aansienlike skare uit die stad by haar” (Vers 12). Kan jy jou voorstel hoe hartseer daardie weduwee-moeder was? Met die dood van haar enigste seun het sy vir die tweede keer haar voorsiener en beskermer verloor.

Jesus het sy aandag toegespits op die treurende moeder, wat heel moontlik naby die baar geloop het waarop die liggaam van haar dooie seun gelê het. Die verslag sê: “Toe die Here haar sien, is hy ontroer deur innige jammerte vir haar, en hy het vir haar gesê: ‘Hou op huil’” (Vers 13). Jesus is ontroer deur die benarde situasie waarin daardie weduwee haar bevind het. Dalk het hy aan sy eie moeder gedink wat waarskynlik teen daardie tyd al ’n weduwee was en binnekort oor hom sou treur.

Jesus het nader gegaan—maar nie om by die begrafnisstoet aan te sluit nie. Met ’n gesaghebbende gebaar het hy “die baar aangeraak” en die skare tot stilstand laat kom. Toe het hy, met die stem van iemand wat mag oor die dood gegee is, gesê: “‘Jong man, ek sê vir jou: Staan op!’ En die dooie man het regop gaan sit en begin praat, en hy het hom aan sy moeder gegee” (Verse 14, 15). Toe die dood daardie jong man se lewe geëis het, het hy nie meer aan sy moeder behoort nie. Toe Jesus “hom aan sy moeder gegee” het, het hulle dus weer ’n gesin geword. Die droefheid van daardie weduwee is ongetwyfeld vervang deur trane van groot vreugde.

Smag jou hart daarna om hierdie vreugde te ervaar—om met ’n afgestorwe dierbare herenig te word? Wees verseker dat God meegevoel met jou het. Jesus se empatie met daardie bedroefde weduwee was ’n weerspieëling van God se medelye, want Jesus het sy Vader se persoonlikheid volmaak weerspieël (Johannes 14:9). Die Bybel leer ons dat God vurig verlang om die dooies wat in sy geheue is, weer lewendig te maak (Job 14:14, 15). Sy Woord, die Bybel, gee ons ’n wonderlike hoop, naamlik die vooruitsig om in ’n paradys op aarde te lewe en die opstanding van ons afgestorwe dierbares te sien (Lukas 23:43; Johannes 5:28, 29). Leer gerus meer omtrent die Hersteller van die lewe en vind uit hoe jy ook hierdie hoop kan koester.

[Prent op bladsy 23]

“Die dooie man het regop gaan sit en begin praat, en hy het hom aan sy moeder gegee”

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel