Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w09 3/1 bl. 3
  • “Dit was nog nie my tyd nie”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Dit was nog nie my tyd nie”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Soortgelyke materiaal
  • Die soeke na die mens se lotsbestemming
    Ontwaak!—1999
  • Ongelukke—Die noodlot of omstandighede?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Is dit die noodlot of blote toeval?
    Ontwaak!—1999
  • Daar is ’n tyd vir alles
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
w09 3/1 bl. 3

“Dit was nog nie my tyd nie”

Die bestuurder van ’n yslike vulliswa het beheer oor sy voertuig verloor. Die vulliswa het oor die randsteen gery en ’n egpaar en ’n 23-jarige man getref wat op die sypaadjie geloop het. Volgens ’n berig in ’n New Yorkse koerant is die egpaar op slag dood, en die jong man was bewusteloos. Toe hy bykom en sien wat gebeur het, was sy eerste gedagte: ‘Ek kan nie glo wat gebeur nie. Asseblief, God, laat my hierdeur kom.’ Hy het gesê: “Dit was nog nie my tyd nie.”

JY HET waarskynlik al soortgelyke verhale gehoor. Wanneer iemand ’n noue ontkoming het, sê mense: ‘Dit was nie sy tyd nie’, maar wanneer iemand in ’n fratsongeluk sterf, kom hulle tot die slotsom: ‘Dit was sy tyd’ of ‘Dit was God se wil’. Hetsy hulle die afloop aan die noodlot, geluk, voorbeskikking of aan God toeskryf, die redenasie bly basies dieselfde. Baie mense glo dat gebeure in hulle lewe en die afloop daarvan voorbestem is en dat hulle niks daaromtrent kan doen nie. En hierdie soort reaksie kom beslis nie net in die geval van die dood of ongelukke voor nie; ook is dit nie net tot ons dag beperk nie.

Die eertydse Babiloniërs het byvoorbeeld geglo dat menseaangeleenthede deur die sterre en hulle bewegings beïnvloed word. Hulle het dus in die hemel na tekens en voortekens gesoek om hulle te lei. Die Grieke en Romeine het godinne van die noodlot aanbid, wie se mag om geluk of ongeluk oor mense te bring, by tye selfs oor die wil van hulle vernaamste gode, Zeus en Jupiter, geseëvier het.

In die Ooste glo Hindoes en Boeddhiste dat ’n persoon se huidige omstandighede die gevolg is van wat hy in ’n vorige lewe gedoen het en dat sy dade in hierdie lewe sal bepaal wat hy in die volgende lewe sal ervaar. Ander godsdienste—insluitende baie kerke in die Christendom—laat sulke fatalistiese oortuigings geloofwaardig lyk weens hulle voorbeskikkingsleer.

Dit is dus nie verbasend nie dat baie mense, selfs in ons sogenaamd verligte en objektiewe eeu, nog steeds glo dat hulle situasie in die lewe, die afloop van hulle daaglikse aangeleenthede en hulle uiteindelike lot alles deur die noodlot bepaal word en dat hulle min daaromtrent kan doen. Is dit hoe jy oor die lewe voel? Is die gebeure en voorvalle, suksesse en mislukkings in die lewe—selfs geboortes en sterftes—werklik voorbestem? Word jou lewe deur die noodlot beheer? Kom ons kyk hoe die Bybel ons kan help om hierdie vrae te beantwoord.

[Foto-erkenning op bladsy 3]

Ken Murray/New York Daily News

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel