Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 1/87 bl. 1-2
  • Wêrelddiensrapport—’n rede tot blydskap

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wêrelddiensrapport—’n rede tot blydskap
  • Ons Koninkryksbediening—1987
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • UITSONDERLIKE DIENSRAPPORT
  • SUID-AFRIKAANSE RAPPORT
  • WAT VOORLÊ
  • Jubeling onder God se volk
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Teokratiese nuus
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Bou vir ’n ewige toekoms
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Getuieniswerk bring Koninkryksvermeerdering
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1987
km 1/87 bl. 1-2

Wêrelddiensrapport​—’n rede tot blydskap

1 Die wêrelddiensrapport vir 1986 toon duidelik dat Jehovah se volk geesdriftig gereageer het op die aansporing van die jaarteks: “Gaan ... verkondig die koninkryk van God” (Luk. 9:60). Dit toon ook dat Jehovah ons pogings in die bediening ryklik geseën het. Hoe bly is almal van ons tog dat ons ’n deel kon hê in ’n groot lofkreet wat tot eer van Jehovah se naam opgegaan het!​—Ps. 95:1, 2.

2 As ons die rapport in die Yearbook vir 1987 sorgvuldig bestudeer, sal ons ongetwyfeld beweeg word om Jehovah se naam nog meer te loof en die gees van Dawid se geïnspireerde woorde te weerspieël toe hy gesê het: “Ek wil die HERE loof met my hele hart; ... In U wil ek bly wees en juig” (Ps. 9:2, 3). Jehovah moet inderdaad geloof word vir die manier waarop hy struikelblokke weggeruim, teenkanting te bowe gekom en ons bediening suksesvol gemaak het.​—1 Kor. 3:6, 7; vergelyk Psalm 9:8-12.

UITSONDERLIKE DIENSRAPPORT

3 Ja, die 1986-diensjaar was in elke opsig uitsonderlik. Lektuurplasings het die vorige jaar s’n ver oortref. Daar is 23 828 314 hardebandboeke versprei, wat ’n vermeerdering van 23,9 persent is. Dink net aan die miljoene mense wat die geleentheid gehad het om die Koninkryksboodskap in hierdie boeke te lees!

4 Ons kry ’n idee van presies hoe besig Jehovah se knegte gedurende die jaar was wanneer ons kyk na die 680 837 042 uur wat aan die velddiens bestee is. Dit is ’n styging van 15 persent vergeleke met 1985. Miljoene ure daarvan is bestee om gemiddeld 2 726 252 tuisbybelstudies per maand te hou—’n merkwaardige vermeerdering van 14,6 persent.

5 Dit is baie duidelik dat hierdie bediening om dissipels te maak doeltreffend is. Die 225 868 wat gedoop is, verteenwoordig ’n verbasende vermeerdering van 19 persent in vergelyking met 1985. Die gemiddelde aantal verkondigers het met 6,9 persent toegeneem. Gedurende die jaar is ’n maandelikse gemiddelde van 3 063 289 gehandhaaf. Die verkondigerhoogtepunt het 3 229 022 bereik. Die styging van 21,2 persent in pioniers tot ’n maandelikse gemiddelde van 391 294 was uitsonderlik.

6 Weens die uitstekende vermeerdering in Koninkryksverkondigers moes ons baie nuwe gemeentes gedurende die jaar stig. Die getal het wêreldwyd tot 52 177 gestyg—2 461 meer as in 1985.

7 Almal sal verheug wees om te verneem dat die Gedenkmaalviering deur 8 160 597 bygewoon is. Dit is ’n vermeerdering van 4,7 persent in vergelyking met die vorige jaar. As ons kyk na wat gedurende hierdie afgelope diensjaar in 208 lande bereik is, en na die potensiaal vir verdere groei, het ons inderdaad groot rede om Jehovah vir sy goedheid te dank.​—Ps. 22:23.

SUID-AFRIKAANSE RAPPORT

8 Wat van die Suid-Afrikaanse rapport? Ons lektuurplasings het die syfer vir die vorige jaar met 2,7 persent oortref. Maar ons het 78 708 tydskrifte minder as die vorige jaar versprei. Daar was ’n gemiddelde van 38 291 verkondigers, wat ’n vermeerdering van 8 persent is. In Augustus het ons ’n hoogtepunt van 40 800 bereik. Ons Gedenkmaalopkoms was 8,8 persent hoër as in 1985, en ons het die diensjaar met 972 gemeentes afgesluit. Die vermeerdering onder gewone pioniers was veral uitsonderlik. Hulle het van ’n maandelikse gemiddelde van 1 830 in 1985 tot 2 581 in 1986 toegeneem. Die gemiddelde ure vir gemeenteverkondigers het tot 11,6 uur per verkondiger gestyg, wat volgehoue geesdrif vir en gereelde deelname aan die veldbediening weerspieël.

9 Lande wat by die Suid-Afrikaanse tak rapporteer, het ook uitstekende vermeerderings gehad. Kyk hoe die verkondigergemiddeldes oor die afgelope jaar toegeneem het: Botswana, 10 persent; Lesotho, 6 persent; Suidwes-Afrika, 12 persent en Swaziland, 13 persent. Nog bemoedigende hoogtepunte in rapporte vir hierdie lande is: Die Gedenkmaalopkoms in Botswana was 40 persent hoer; in Lesotho het die gemiddelde getal hulppioniers met 37,5 persent toegeneem; in Suidwes-Afrika het die Gedenkmaalopkoms met 37,6 persent gestyg, en Swaziland het gemiddeld 16,1 uur per verkondiger gehandhaaf.

10 In hierdie land is daar gedurende die jaar 3 045 gedoop. Dit is ’n vermeerdering van 41 persent! Duisende ander maak vordering deur Bybelstudies en word na die organisasie gerig en gehelp om aan die vereistes vir toewyding en doop te voldoen.​—2 Kor. 6:2.

WAT VOORLÊ

11 Terwyl ons dieper in die 1987-diensjaar ingaan, vertrou ons voortdurend op Jehovah om al ons bedrywighede te seën. Daar is nog baie om te doen “in die werk van die Here” (1 Kor. 15:58). Miljoene mense oral luister graag na die Koninkryksboodskap. Ons is bly dat die gedrukte woord steeds ’n groot hulp is om hulle te bereik.​—Matt. 5:3, 6.

12 Mag ons, terwyl ons in 1987 voortgaan om ’n volle aandeel te hê in die verkondiging van die goeie nuus van die Koninkryk, aangespoor word deur die woorde van ons jaarteks in Josua 24:15 (NW): “Wat my en my huisgesin betref, ons sal Jehovah dien.”

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel