Vergaderinge om ons te help dissipels maak
WEEK WAT BEGIN MET 4 JANUARIE
Lied 181 (80)
7 min: Plaaslike aankondigings. Spoor broers aan om op tweede Saterdag van die maand ’n volle aandeel aan tydskrifwerk te hê.
18 min: “Vermeerder blymoedig jou lof aan Jehovah.” Bemoedigende toespraak, met ʼn mate van gehoordeelname. Party verkondigers wat spesiale reëlings tref om hulle Koninkryksdiens gedurende die komende maande uit te brei, kan gevra word om voorbereide kommentaar te gee oor wat hulle gaan doen. Watter velddiensreëlings word getref om diegene te help wat gedurende hierdie maande hulppionierdiens gaan doen? Spoor voornemende pioniers aan om hulle aansoekvorms in te gee.
8 min: “Traktaatverspreiding gaan verskerp word.” Bespreek informasie in artikel. Moedig almal aan om traktate elke keer in die diens te gebruik en stel verskeie gepaste maniere voor om hulle in plaaslike gebied te gebruik. Die volgende deel sal demonstreer hoe die traktaat Is ons aarde op die randjie van die afgrond? gebruik kan word.
12 min: “Deel waardevolle geestelike voedsel met ander.” Vraag-en-antwoordbespreking met kort demonstrasie van een van die wenke in paragrawe 4 en 5. Demonstreer hoe die traktaat gebruik kan word. Verwittig broers van watter boeke vir Januarie en Februarie se aanbod beskikbaar is.
Lied 183 (73) en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 11 JANUARIE
Lied 192 (51)
10 min: Plaaslike aankondigings en rekeningverslag. Meld ook bydraes wat die gemeente ten bate van Koninkrykswerk aan die Genootskap gestuur het, soos dit op die lektuurstaat vir Desember of bedankingsbrief vir Roodekrans-bydrae verskyn. Deel Medical Alert-kaartjies uit. Dit kan gegee word aan almal wat een wil hê, behalwe aan gedissosieerde en uitgesette persone. Hersien kortliks instruksies in brief van 1 Oktober 1980 oor gebruik van die Medical Alert-kaartjie. Spoor broers aan om kaartjie dadelik in te vul, met eie handtekening, die van getuie en datum daarop, en om dit altyd by hulle te hê.
20 min: Toespraak deur ouere man gebaseer op bladsye 3, 30 en 31 van Skool-brosjure. Help ouers om te besef dat hulle hul kinders moet voorberei vir uitdagings wat hulle by die skool sal teëkom. Toon hoe belangrik dit is dat ouers hulle kinders se onderwysers leer ken. Dek ook punte op bladsye 7, 22-24, 26 en 27. Kyk bladsye 302 en 303 van Redenering-boek oor vlagsaluering en volksliedere. Verduidelik hoe om spesifieke sake op ʼn vriendelike en taktvolle manier onder onderwysers se aandag te bring.
15 min: Plaaslike behoeftes.
Lied 213 (85) en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 18 JANUARIE
Lied 144 (78)
8 min: Gekose Aankondigings en plaaslike aankondigings. Moedig tydskrifwerk op vierde Saterdag aan. Twee kort demonstrasies oor aanbieding van jongste tydskrifte.
8 min: “Wandel progressief in Jehovah se weë.” Toespraak. Wek entoesiasme vir nuwe kringbyeenkomsprogram en beklemtoon waarde daarvan om elke sessie by te woon.
22 min: “Wêrelddiensrapport—ʼn rede tot blydskap.” Vraag-en-antwoord-bespreking, behartig deur diensopsiener of ander bekwame ouere man. Sluit bemoedigende kommentaar in oor wat plaaslike gemeente gedurende 1986-diensjaar bereik het. Prys broers vir hulle werk.
7 min: Plaaslike ondervindinge oor maandelikse lektuuraanbod van huis tot huis.
Lied 115 (15) en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 25 JANUARIE
Lied 28 (5)
7 min: Plaaslike aankondigings. Spoor almal aan om op 1 Februarie velddiens te doen.
23 min: “Bied die goeie nuus aan —Met takt.” Vraag-en-antwoorddekking. Demonstreer voorstelle in paragraaf 7 oor hoe om ʼn student aan te moedig om vergaderinge meer gereeld by te woon.
15 min: Toespraak oor “Is jou jong kind besig om ‘tot redding te groei’?” gebaseer op Die Wagtoring van 1 Augustus 1986, bladsye 27-31. Sluit ’n mate van gehoordeelname in.
Lied 66 (37) en slotgebed.