Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 6/87 bl. 4
  • Bied die Goeie Nuus Aan—In aandgetuieniswerk

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bied die Goeie Nuus Aan—In aandgetuieniswerk
  • Ons Koninkryksbediening—1987
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • WEES REDELIK
  • VOORDELE
  • Bied die goeie nuus aan—In die aand
    Ons Koninkryksbediening—1991
  • Het jy al aandgetuieniswerk probeer?
    Ons Koninkryksbediening—1996
  • Kan jy aan aandgetuieniswerk deelneem?
    Ons Koninkryksbediening—2012
  • Kan jy jou rooster aanpas?
    Ons Koninkryksbediening—2006
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1987
km 6/87 bl. 4

Bied die Goeie Nuus Aan​—In aandgetuieniswerk

1 Namate Jehovah die insamelingswerk bespoedig, word meer gemeentes oral gevorm, neem die getal verkondigers en pioniers toe en bestee baie verkondigers meer tyd in die veldbediening. In sommige omgewings is daar moontlik baie min gebied om in te werk. Verkondigers besoek miskien dikwels dieselfde huise. Maar ons vind ook dat baie van die mense nie tuis is wanneer ons gedurende die dag aan hulle deur klop nie, en sommige het selde ’n geleentheid om die Koninkryksboodskap te hoor, hoewel ons gereeld in die gebied werk.

2 Dit sal jou bemoedig om te weet dat die situasie besig is om te verander in baie gemeentes waar die verkondigers begin het om hulle op getuieniswerk vroeg in die aand toe te lê. Verkondigers het vertel dat hulle in sekere gebiede by feitlik elke huis iemand gevind het, terwyl daar vroeër in die dag baie min tuis was. Daar word ook gemeld dat mense oor die algemeen aan die einde van die dag blykbaar ontspanne is en meer geneig is om te luister wanneer hulle met die Koninkryksboodskap genader word.

WEES REDELIK

3 Daar is sekere dinge wat ons in gedagte moet hou as ons suksesvol in aandgetuieniswerk wil wees. Mense kan ’n bietjie lugtig wees vir onverwagte en onbekende besoekers, veral in die aand. Ons moet daaraan dink hoe ons die huisbewoners gaan nader. ’n Hersiening van die inligting op bladsy 9 van die Redenering-boek kan nuttig wees. Ons moet opregte besorgdheid oor die welsyn van mense openbaar. Dit kan die huisbewoners aanmoedig om op hulle gemak te voel en hulleself openhartig uit te druk. Die Redenering-boek herinner ons ook daaraan om formaliteite wat gebruiklik is en van besoekers verwag word, na te kom. Dit sluit in dat ons onsself behoorlik voorstel en plaaslike gebruike in hierdie opsig nakom.

4 Ons moet nie ongenooide besoeke op onvanpaste tye aflê nie. Die huisbewoner se veiligheidsmaatreëls moet gerespekteer word. Dit kan beteken dat ons ’n interkom moet gebruik of met ’n persoon deur die deur praat en hom toelaat om ons deur ’n loergaatjie in die deur te sien.

5 Ons moet te alle tye versigtig, redelik en oordeelkundig wees. Daar kan dele in ons gebied wees wat gevaarliker as ander beskou word. Dit sal verstandig wees as ons die nodige voorsorg tref wanneer ons in sulke gebiede werk.​—Jak. 3:17; kyk kmAF 4/85 bl. 8.

VOORDELE

6 Daar is ’n aantal redes waarom aandgetuieniswerk in julle gemeente doeltreffend kan wees. ’n Deegliker getuienis kan gegee word, omdat meer mense in die huis-tot-huisbediening bereik word. Baie huisbewoners wat nie bedags of naweke tuis is nie, kan moontlik bereik word wanneer daar vroegaand in die gebied gewerk word. Party verkondigers wat probleme ondervind om oor naweke in die velddiens uit te gaan, kan dalk elke week saans ’n uur of twee van huis tot huis werk. Gewone en hulppioniers kan meer geleenthede hê om met gemeenteverkondigers in die velddiens te werk. Sommige het gereël om ’n tuisbybelstudie in die aand te hou nadat hulle ’n uur of wat aan die huis-tot-huisbediening bestee het.

7 Vroegaand is veral gepas vir verskeie vorme van velddiens en veral om besoeke van huis tot huis af te lê. Maar aandgetuieniswerk hoef nie tot dagligure beperk te word nie. Daar is bewys dat oordeelkundige besoeke by huise in die vroeë aandure die hele jaar deur ons help om ons opdrag uit te voer om die goeie nuus van die Koninkryk te verkondig.

8 Het julle gemeente groepreëlings vir aandgetuieniswerk? Het jy aan hierdie velddiensaktiwiteit deelgeneem? Beplanning en voorbereiding is nodig. Maar diegene wat alle beskikbare geleenthede benut om ons bediening van die goeie nuus te vervul, geniet baie seëninge.​—2 Tim. 4:5.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel