Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/12 bl. 1
  • Kan jy aan aandgetuieniswerk deelneem?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Kan jy aan aandgetuieniswerk deelneem?
  • Ons Koninkryksbediening—2012
  • Soortgelyke materiaal
  • Kan jy jou rooster aanpas?
    Ons Koninkryksbediening—2006
  • Het jy al aandgetuieniswerk probeer?
    Ons Koninkryksbediening—1996
  • Bied die goeie nuus aan—In die aand
    Ons Koninkryksbediening—1991
  • Bied die Goeie Nuus Aan—In aandgetuieniswerk
    Ons Koninkryksbediening—1987
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2012
km 10/12 bl. 1

Kan jy aan aandgetuieniswerk deelneem?

1. Wanneer het die apostel Paulus, volgens een geleerde, van huis-tot-huis gepreek?

1 Volgens die boek Daily Life in Bible Times het die apostel Paulus gewoonlik “van vieruur die middag tot diep in die nag” aan die huis-tot-huis-bediening deelgeneem. Ons weet nie of dít werklik Paulus se rooster was nie, maar ons weet wel dat Paulus bereid was om “alles ter wille van die goeie nuus” te doen (1 Kor. 9:19-23). Dit sou beteken dat hy sy sake so sou reël dat hy van huis-tot-huis kon gaan wanneer dit die produktiefste was.

2. Waarom is die aande ’n goeie tyd om aan die bediening deel te neem?

2 Op baie plekke gaan verkondigers gewoonlik soggens van huis tot huis gedurende die week. Maar is dit nog steeds die beste tyd in julle gebied? ’n Pionier sê die volgende oor sy gebied: “Byna niemand is gedurende die dag tuis nie. Die meeste mense is egter saans tuis.” Aandgetuieniswerk is heel moontlik die beste geleentheid om veral mans met die goeie nuus te bereik. Huisbewoners is dikwels meer ontspanne en bereid om te gesels. As dit voordelig sal wees, moet die ouer manne velddiensvergaderinge vir aandgetuieniswerk reël.

3. Hoe kan ons onderskeidingsvermoë aan die dag lê wanneer ons aan aandgetuieniswerk deelneem?

3 Gebruik onderskeidingsvermoë: Dit is belangrik om onderskeidingsvermoë tydens aandgetuieniswerk aan die dag te lê. Byvoorbeeld, as jy iemand op ’n ongeleë tyd besoek, soos tydens aandete, is dit beter om aan te bied om later terug te kom. As dit donker is, moet jy staan waar die huisbewoner jou kan sien en dadelik sê wie jy is en wat die doel van jou besoek is. Dit is ook verstandig om in pare of in groepe saam te werk en om in goed verligte strate te bly waar julle nie alleen is nie. Moenie huisbewoners te laat besoek sodat julle hulle steur wanneer hulle gereedmaak om bed toe te gaan nie (2 Kor. 6:3). As ’n buurt ná donker onveilig is, moet julle eerder vroegaand daar gaan preek.—Spr. 22:3.

4. Watter seëninge bring aandgetuieniswerk mee?

4 Seëninge: Die bediening is baie genotvoller wanneer ons ’n getuienis kan gee. En hoe meer ons ’n getuienis kan gee, hoe meer geleenthede sal ons hê om ander te help om ‘gered te word en tot juiste kennis van die waarheid te kom’ (1 Tim. 2:3, 4). Kan jy jou rooster aanpas om aan aandgetuieniswerk deel te neem?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel