Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/87 bl. 12
  • Herdruk van Watchtower-bundels

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Herdruk van Watchtower-bundels
  • Ons Koninkryksbediening—1987
  • Soortgelyke materiaal
  • Vraebus
    Ons Koninkryksbediening—1997
  • Ons almal moet studeer
    Ons Koninkryksbediening—1990
  • Die Teokratiese Bedieningskoolbiblioteek
    Ons Koninkryksbediening—1988
  • Vraebus
    Ons Koninkryksbediening—1993
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1987
km 10/87 bl. 12

Herdruk van Watchtower-bundels

1 Wat ’n wonderlike voorsiening is die Watch Tower Publications Index vir 1930-1985 tog vir navorsing en studie! Baie broers het egter nie al die publikasies waarna die Index verwys in hulle persoonlike of Koninkryksaalbiblioteek nie. Om van hierdie materiaal te voorsien, beplan die Genootskap om The Watchtower-bundels vir 1960 tot 1979 te herdruk, maar net in Engels. Hierdie herdrukke sal gepubliseer word soos ons dit by ons werkprogram kan inpas. Ons beplan om vyf bundels op ’n slag beskikbaar te stel. Bestellings vir die jare 1960 tot 1964 sal gedurende November aanvaar word.

2 Die Genootskap beplan nie om ’n voorraad van hierdie herdrukte bundels te hou nie. Ons spoor almal derhalwe aan om die saak deeglik te oorweeg en te bestel wat hulle nodig het. As gemeentes besluit om een of twee bundels vir toekomstige behoeftes in voorraad te hou, moet dit uit die gemeente se kontant betaal word en nie op koste van die Genootskap op die rak gehou word nie. Aangesien dit beheerde items is, moet dit by ontvangs betaal word. Die prys sal R12,00 elk wees. Die lektuurbestelvorm (S-14) moet gebruik word wanneer hierdie bundels bestel word.

3 Gemeentes en persone wat hierdie bundels graag vir hulle biblioteek wil hê, moet vasstel hoeveel bundels van elke jaar hulle altesaam wil hê en hulle bestelling deur die gemeente plaas. Die totaalsyfer moet op die lektuurbestelvorm (S-14) ingevul word en gedurende November aan die Genootskap gestuur word. Tot tyd en wyl die herdrukte bundels versend word, sal hulle as “Will Send Later” op die gemeentefakture aangedui word.

4 Die Genootskap sal aankondig wanneer elke groep bundels beskikbaar gestel word. Let asseblief op sulke toekomstige aankondigings, en plaas julle bestellings dienooreenkomstig. Plaas vir eers net bestellings vir die vyf bundels wat nou beskikbaar gestel gaan word. Die presiderende opsiener en die sekretaris moet seker maak dat elkeen ’n geleentheid het om die bundels wat hulle graag wil hê te bestel en moet toesien dat hierdie bestelling gedurende November geplaas word.

5 Ons vertrou dat hierdie Watchtower-herdrukke die Watch Tower Publications Index vir 1930-1985 nog waardevoller sal maak deur baie geestelike skatte wat die organisasie voorsien het, beskikbaar te stel.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel