Bied die Goeie Nuus aan—
Met vrymoedigheid, dog taktvol
1 Toe Petrus en Johannes beveel is om op te hou preek, het hulle geantwoord: “Vir ons is dit onmoontlik om nie te spreek oor wat ons gesien en gehoor het nie” (Hand. 4:20). Wat het hulle in staat gestel om met sulke vrymoedigheid te spreek? Hulle ‘het gebid’ en is “vervul met die Heilige Gees en het die woord van God met vrymoedigheid gespreek” (Hand. 4:31). Ons kan ongetwyfeld ook versterk word om te preek as ons hulle voorbeeld volg.
2 Maar hoe kan ons met vrymoedigheid praat en terselfdertyd taktvol wees? Een woordeboekdeflnisie van takt is ‘’n skerp bewustheid van wat om te doen of te sê ten einde aanstoot te vermy’. As ons ’n gemeenskaplike grondslag vind, sal dit ons help om taktvol te wees. As ons leer hoe om met mense te redeneer, sal dit ons ook help om taktvol te wees. Watter beter instrument as Redenering uit die Skrif kan ons gebruik om ons te help om vrymoedig sowel as taktvol te wees.
WEES GEBALANSEERD
3 Dit is belangrik dat ons ’n balans tussen vrymoedigheid en takt handhaaf as ons die predikingswerk suksesvol wil uitvoer. Hoe kan ons byvoorbeeld met diegene praat wat die vraag opper: ‘Is dit nie waar dat daar iets goeds in alle gelowe is nie?’ ’n Direkte, maar taktvolle antwoord word op bladsy 172 van die Redenering-boek gevind. Ook as iemand ’n vraag stel oor waarom ons herhaaldelik besoek aflê by mense wat nie Jehovah se Getuies is nie en wat hulle eie geloof het, kan ons ’n vrymoedige, dog taktvolle antwoord gee, soos die op bladsy 227 van die Redenering-boek. Sommige mense vra waarom Jehovah se Getuies nie meedoen aan dinge wat sal help om die gemeenskap ’n beter plek te maak nie. ’n Paar goeie gedagtes wat ons sal help om vrymoedig maar taktvol te wees, word op bladsye 228 en 229 gemeld.
VOORBEELDE
4 Petrus het gesê dat ons ‘altyd bereid moet wees om verantwoording te doen aan elkeen wat van ons rekenskap eis omtrent die hoop wat in ons is’. Hy het toe bygevoeg dat ons dit “met sagmoedigheid en diepe agting” moet doen (1 Pet. 3:15, vgl. NW). Ja, Petrus het besef dat dit nodig is om vrymoedig, maar ook taktvol te wees. Die welslae van verkondigers wat hierdie metode gevolg het, word in die Genootskap se publikasies gemeld.— wAF86 4/1 bl. 6, 7; wAF86 8/1 bl. 21, 24; yb87 bl. 53, 54.
5 As ons biddend op Jehovah vertrou, soos talle voorbeelde beklemtoon, sal dit ons in staat stel om die hulp van die heilige gees te ontvang, wat ons sodoende sal versterk om met vrymoedigheid en takt te praat. —Hand. 5:29.