Teokratiese nuus
◆ Australië het ’n hoogtepunt van 54-306 verkondigers in Maart gerapporteer. Dit was hulle derde agtereenvolgende hoogtepunt.
◆ Bolivia het gedurende die eerste sewe maande van hierdie diensjaar vyf hoogtepunte in verkondigers gehad. In Maart het hulle ’n nuwe hoogtepunt bereik, met 8031 verkondigers wat gerapporteer het. Gemeentelike verkondigers het ’n gemiddelde van 14,4 uur aan die bediening bestee. Die Gedenkmaalopkoms was 33377, wat meer as vier keer die verkondigertal is.
◆ Nicaragua het op 1 Mei 1991, ná nege jaar van beperkinge, weer eens as ’n tak begin funksioneer. Vyf sendelinge wat vroeër in Nicaragua gedien het, kon terugkeer om hulle sendingwerk daar te hervat.
◆ Die gemeentes van Madadeni-Noord en Newcastle-Sentraal het albei in Junie ’n Koninkryksaal toegewy. Dit sal deur vier gemeentes in die Newcastle-gebied gebruik word. Altesaam 615 het die geleenthede bygewoon. Die Montebello-gemeente, ook in Natal, het sy nuwe Koninkryksaal in Julie toegewy.